Onderwysbom
In stryd met die beginsel van gratis onderwys sal staatshoërskole vanjaar aansienlik meer selfvoorsienend moet raak.
Dani Booysen - In haar begrotingstoespraak het die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, gewaarsku dat subsidies aan staatskole vir die verskaffing van gratis onderwys aansienlik gesny sou word.
Skoolhoofde was nie te wagte hóé ingrypend die mes ingelê sou word nie.
In Windhoek het die Khomas-streekdirektoraat hoofde Woensdag ingeroep om hulle die skoknuus mee te deel dat subsidies tot op dieselfde vlak as laerskole afgeskaal word. 'n Staatskool sal dus vanjaar N$250 per leerling per jaar ontvang.
Die ekonomiese pekel waarin die land homself bevind, gaan ook bystand aan laerskole beïnvloed. Skoolhoofde is ingelig dat subsidies aan privaatskole met individuele skole heronderhandel sal word.
Gegewe dat bydraes tot skoolfonds glad nie meer verpligtend is nie, beskou skoolhoofde dit as uiters moeilik om weens die nuwe ingryping normaalweg met hul opvoedingstaak voort te gaan.
Hoofde is ingelig dat die subsidie aan staatshoërskole met 65% verminder word. Volgens bronne het die bydrae van staatskant tussen N$500 en N$650 per leerling per jaar gewissel, oftewel N$42 tot N$54 per leerling per maand. Die nuwe subsidie is N$20,83 per leerling per maand.
Prakties sal skole met onderskeidelik 500 en 1 000 leerlinge maandeliks sowat N$10 500 en N$21 000 ontvang. Die vorige bedrae was sowat N$27 000 en N$54 000.
Onderwys, kuns en kultuur se totale begroting is vanjaar met 3% verminder. Hanse-Himarwa het in haar begrotingstoespraak prontuit erken dat doelwitte vir die lewering van handboeke, skryfbehoeftes en leerhulpmiddels, asook voorgenome hulp aan koshuise, nie nagekom sal kan word nie.
Die inperking van besteding was volgens haar noodsaaklik om die regering se oorhoofse, finansiële mikpunte te help nakom.
Onderwys se salarisrekening (N$10,2 miljard) is vanjaar N$1,1 miljard hoër as verlede jaar se N$9,1 miljard.
'n Onderwysstaking het verlede jaar 'n skikking oor verhogings afgedwing.
Totale besteding op sekondêre onderwys (N$3,4 miljard) is vanjaar met N$600 miljoen verminder, terwyl primêre onderwys (N$3,7 miljard) sowat N$100 miljoen meer ontvang.
Hoofde is ingelig dat staatshoërskole in die Khomasstreek se begroting vir skoonmaakmiddels van N$3 miljoen per jaar tot nul gesny is.
Vir handboeke sal daar net N$4,5 miljoen wees teenoor die vorige N$6,5 miljoen.
Vir staatslaerskole in die streek sal slegs N$1 miljoen se boeke aangeskaf word. Die vorige bewilliging was N$3 miljoen.
Die regering sal net vir een sekuriteitswag op nagdiens betaal.
Alle skole is aangeraai om sou gou moontlik na voorafbetaalde lewering van water en elektrisiteit oor te skakel.
Daar is aan hoofde voorgestel dat toilette net tydens pouses oopgesluit word en dat dit aan die einde van pouses net een keer gespoel word.
Republikein se nuusbreker Donderdag oor die ministerie se besluit het wyd reaksie ontlok. Baie lesers het aangevoer skoolfonds moet heringestel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie