Onderwysstaking verby
Regering gee 9% verhoging
Henriette Lamprecht – ’n Salarisverhoging van 9% vir aanstaande jaar pleks van 7%, terwyl die 5%-verhoging vir vanjaar en terugwerkend tot 1 April van krag bly. Die Namibiese Onderwysersunie (Nantu) en die Namibiese Unie vir Staatsdienswerkers (Napwu) het Saterdag by Staatshuis met die ondertekening van ’n ooreenkoms verlede week se onderwysstaking amptelik beëindig.
Alle onderwysers is vandag weer op hul pos, terwyl vraestelle wat nie Donderdag en Vrydag afgelê kon word nie, einde Oktober geskryf sal word.
Salarisaanpassings vir vanjaar waarop ooreengekom is, bly 10% vir grade 15 – 13; 5% vir grade 12 – 5 en 4% vir grade 4 – 1A. Behuisingstoelae vir personeel onder bestuursvlak is 9%, behuisingsvoordele vir bestuur 8% en huissubsidie vir personeel 10%. Vir aanstaande jaar bly die 7% verhoging vir vervoertoelae en 7% motortoelaag vir bestuur dieselfde. Die verhoging van 9% vir alle personeel tree op 1 April 2017 in werking.
President Hage Geingob het die ooreenkoms beskryf as demokrasie in werking.“Ons kan probleme in ’n demokrasie met deelname en betrokkenheid oplos.
Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, het tydens die ondertekening gesê dit bring ’n einde aan ’n “uiters moeilike situasie” en was vol lof vir die ingryping van president Hage Geingob om die onderwysstaking te beëindig.
“Die ooreenkoms wys alle vennote is verbind tot ’n wen-situasie wat tot voordeel van die werkgewer en werknemer, sowel as die Namibiese kind is.”
Sy het ’n Namibiese gesin as voorbeeld gebruik waar daar verskille kan wees, maar dat dit nie beteken ouers moet hul kinders verstoot nie.“Uiteenlopende menings en perspektiewe moet ons nie uit mekaar dryf nie, maar lei tot groter verdraagsaamheid, begrip en later instemming.”
Hanse-Himarwa het die staatsdiensvakbond uitgesonder vir sy “patriotiese en lojale begrip”, terwyl sy die regering se onderhandelingspan en die onderwysvakbond bedank het vir ’n “vriendskaplike” ooreenkoms wat die weg baan vir die nasionale eksamen om te begin. Nasionale eksamenvraestelle vir graad 10 en -12 wat weens die staking nie afgelê kon word nie, is soos volg herskeduleer: Graad 12 - Wiskunde hoër vlak, vraestel 1, 2 op 31 Oktober; Wiskunde gewone vlak, vraestel 1, 2, 3, 4 op 31 Oktober; Entrepreneurskap gewone vlak op 1 November.
Graad 10: Geïntegreerde uitvoerende kunste op 31 Oktober; Naaldwerk en kleding op 31 Oktober en Lewenswetenskap op 1 November.
Hanse-Himarwa het ’n beroep op streekdirekteure gedoen om seker te maak dat die geloofwaardigheid en integriteit van die nasionale eksamens gehandhaaf word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie