Ongelukke eis twee polisielede
Vyf mense het verlede week in drie verskillende ongelukke in die land gesterf.
Tanja Bause - Vyf mense het verlede week in drie verskillende ongelukke in die land gesterf.
In die eerste ongeluk het sersant Ferdinand Hanyanya (48) om 13:00 op die hoofpad tussen Otjiwarongo en Okahandja gesterf.
Volgens adj.komm. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het die ongeluk sowat 90 km buite Otjiwarongo plaasgevind. Na bewering het ’n bakkie wat aan die VIPP-direktoraat behoort, en ’n sedanvoertuig beide in ’n suidelike rigting beweeg. Die bakkie het glo die sedanvoertuig op sy regter voordeur gestamp waarna die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en omgeslaan het. Hanyanya, wat ’n passasier in die voertuig was, is op die toneel dood. Die bestuurder en nog ’n passasier is lig beseer en Windhoek toe geneem vir verdere behandeling. Die bestuurder van die sedanvoertuig en sy passasier is nie beseer nie.
Nog ’n lid van die Namibiese polisie speursersant Marvelan Losper (32) het Donderdag in ’n kop-aan-kop-botsing op die B1 tussen Mariental en Keetmanshoop gesterf. Die ongeluk het om 14:15 sowat vyf kilometer vanaf die Gibeon-afdraai plaasgevind.
Na bewering was die sedanvoertuig in ’n noordelike rigting op pad toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en teen die aankomende polisiebakkie gebots het. Die bestuurder van die sedanvoertuig, mnr. Reginald Smith (59), is op die toneel dood. Losper is na die staatshospitaal op Mariental geneem waar hy aan sy beserings beswyk het. Nog ’n passasier van die bakkie is met beserings in dieselfde hospitaal opgeneem.
Me. Laimy Hausiku (60) het Woensdag in ’n ongeluk op die 430-grondpad tussen Otjiwarongo en die Queen Sofia-hervestigingsplaas gesterf. Die bestuurder van die bakkie was na bewering op pad na Otjiwarongo toe hy beheer oor die voertuig verloor het. Die bakkie het omgeslaan en Hausiku is op die toneel dood. ’n Manlike passasier is lig beseer.
’n 40-jarige man is Saterdag om 17:30 op die toneel dood nadat ’n klein vragmotor omgeslaan het. Die ongeluk het tussen Omaruru en Uis gebeur. Die bestuurder van die vragmotor met ’n sleepwa het beheer oor die voertuig verloor en omgeslaan.
Die agterste band het glo gebars. Volgens die polisie was die vragmotor nie padwaardig nie. Hulle was op pad vanaf Omaruru na die plaas Harmony. Ses mense, insluitende die bestuurder, was in die vragmotor.
Die beseerdes is na die staatshospitaal op Omaruru geneem. Die oorledene se naasbestaandes is nog nie in kennis gestel nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie