Ongelukke kos MVAF N$158 miljoen in mediese uitgawes
Die uitvoerende hoof van die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) me. Rosalia Martins-Hausiku sê die fonds het N$158 miljoen aan mediese uitgawes vir slagoffers van padongelukke in die 2018/19 finansiële jaar betaal.
Volgens Martins-Hausiku is in die tydperk “alles moontlik” gedoen om uitgawes te verminder wat met padongelukke verband hou. Dit sluit in die aanmoediging van motoriste om by verkeersreëls te hou en wat die fonds in staat gestel het om minder aan mediese uitgawes te bestee as die vorige jaar se N$203,4 miljoen.
“Dit kan selfs meer verminder word as padongelukke aanhou afneem. Ons beplan om weg te doen met beseringstoelae en eerder mediese voordele te verbeter. Ons wil ons kliënte meer bevoordeel deur hulle te help met rehabilitasie en om toegang tot goeie kwaliteit medikasie te kry,” het sy gesê.
Die fonds beplan ook die vestiging van ‘n noodsentrum tussen Rundu en Katima Mulilo en Otavi en Otjiwarongo. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie