'Ons is by die huis'
Al lê 14 dae van kwarantyn vir hulle voor, kon dié groep van 31 Namibiërs nie laat gistermiddag hulle uitbundigheid beteuel toe die Embraer 145 van FlyWestair op die aanloopbaan van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako neerstryk nie. Danksy skenkings was dit moontlik om die huurvlug na Kaapstad te stuur om hulle te gaan haal. Onder die groep is mense wat vir operasies in Suid-Afrika was toe die staat van inperking afgekondig is. Ander is studente wie se koshuise gesluit het. Hulle is per bus na Gross Barmen buite Okahandja geneem. Foto Verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie