Ons laat ons, tot eie nadeel, verdeel
Ons laat ons, tot eie nadeel, verdeel

Ons laat ons, tot eie nadeel, verdeel

Dani Booysen
ROOI OLIFANT SKRYF:

Keetmanshoop-distrik bestaan uit twee kiesafdelings: Keetmanshoop-Stedelik en Keetmanshoop-Platteland.

Krönlein vorm deel van laasgenoemde, met verreikende gevolge. Om te dink Krönlein is 'n hanetreetjie vanaf Tseiblaagte en is in die dorp self geleë.

Hierdie ongunstige, politieke grensbepaling verdeel die gemeen­skap en veroorsaak dat Krönlein se gemeenskap meto­dies en doelgerig by ontwikkelings- en bemagtigingsprogramme en -projekte uitgesluit en sodoende benadeel word.

Dis dieselfde met Groter Khomasdal, wat in twee kiesafdelings val, naamlik Khomasdal en Windhoek-Wes.

Dis so erg dat Krönlein-inwoners nagenoeg 100 km na Aroab vir staatshulp vir voornemende besigheidsmense moet reis omdat hul raadskantoor daar geleë is.

As hierdie politiekery wat ons mense kniehalter niks vir ons sê nie, is ons blinder as die blindste blind. Nie eens miljoene kilometers se boeke kan ons van sulke onkundige, slaafse navolging - van juis hulle wat ons vernietig - red nie.

Ons moet ons denkwyses verander.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!