Ons taal
Ons taal

Ons taal

Kinders en griffels
Sanet de Waal
Ek wonder hoeveel kinders nog weet wat ‘n griffel is? Goed, ek gee nou my ouderdom (of eerder hoe jongerig ek is) ’n bietjie weg, want ek het ook nog nooit ‘n griffel gesien nie. Ek lees dat ’n griffel iets is waarmee ons ouers op ‘n lei geskryf het in die jare voor papier en ander skryfgoed so geredelik beskikbaar was. Maar ’n griffel is deesdae soveel meer as dit! Want Griffel is die naam van die nasionale Afrikaanse skryfkompetisie waaraan enige leerling van graad 5 tot 12 kan deelneem. Daar is twee genres: kortkuns (sketse, kort kortverhale, vertellings, beskrywings of mymerings) en poësie (digkuns). Wanneer jy inskryf, kos dit jou N$50 per inskrywing, en daarmee ondersteun jy hierdie wonderlike inisiatief in ons taal. Boonop is daar groot pryse op die spel en wie weet, dalk pronk jy een van die dae met ‘n spoggerige erebalkie vir kultuur op jou skoolbaadjie. Die sluitingsdatum vir die Nasionale Waltons-Griffelkompetisie 2021 is 21 Julie. Kontak gerus vir mej. Nicolette Harmse van Windhoek Afrikaanse Privaatskool by [email protected] vir die inskrywingsvorm en meer inligting. Maar moenie met ’n ander kind se kalwers ploeg nie; dit moet jou eie werk wees wat nog nooit voorheen gepubliseer is nie, anders kan jy dalk net jou rieme styf loop.

Petronella F Genis

[email protected]

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!