Ons taal
Ons taal

Ons taal

Hond-se-gedagte
Sanet de Waal
Hallo Ma

Ma het tog vir Molly geken. Sy was ’n jong hond toe ek Ma die laaste keer in my arms na die motor toe gedra het – ons laaste trip hospitaal toe. Daardie aand toe ek terugkom, sê Molly vir haar mens-pa dat sy sekere mens-dinge nie goed verstaan nie. Hier is haar storie soos ek dit onthou: “Nes ’n hond dink jy verstaan jou mens-ma, dan doen of sê sy iets wat ’n hond se verstand te bowe gaan! Vandag, nadat Janneman vir my en die twee Jack Russel-tewens disnis gedraf het, neem ek uitgestrek op die stoep my dooiehondposisie in. En terstond word my rus versteur deur mens-Ma en haar meisiekind wat opvang met die naweek se gebeure. En dis of hulle ’n hond se naam ydelik gebruik: dis ‘hond’ voor en ‘hond’ agter. Jassie vertel haar ma dat sy die vorige aand ’n hond-uit-’n-bos gekuier het. En mens-Ma vra toe, uit watter bos het sy watter hond uit gekuier. Mens-Ma het oë op haar rug en het hoeka hond-se-gedagte gekry toe sy vir Jassie vanoggend uit haar kamer sien sleep, en dié boonop mompel dat sy soos ’n hond voel! Mens-Ma sê toe iets soos “Hond se kierie! Jy lyk asof die honde jou kos afgevat het!”

“Ek voel toe dadelik skuldig. Met my lang Basset-lyf kán ek bedrieglik maklik op ’n tafel spring as kosgeure my neusgate roer. Hoe kan ’n hond dan nou nie! Dis nou as my mense nie in sig is nie. (Ek’s immers nie ’n dom hond nie!) Maar dat ek gisteraand Jas se kos afgevat het, kan ek sowaar as wat padda manel dra, nie onthou nie.

“’n Hondelewe, sê ek jou, het ons op hierdie plaas! Vir ure aaneen moet ons onse lywe rondskuif om net die regte hoeveelheid son en skaduwee te vang terwyl ons lê en wag vir ons kos – ons is immers waghonde – en dit sit nie in enige hond se broek nie!”

Kan Ma nou glo! Baai my Ma

Die lang-hond-se-mens-ma.

Dr. Chrisna Beuke-Muir

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!