Ons taal
Ons taal

Ons taal

Erosieproses
Sanet de Waal
Hallo Ma

Ek begin nou die pad loop wat Ma ook geloop het, en dit is om ouer te word. Ma weet, die dag toe ek 40 geword het, het ek gedink: “Oooeee ou Chrisna, jy’s nou so aan die begintyd van oor-die-muur-wees. En gisteraand toe ek hoor dat Diego Maradona, die befaamde Argentynse sokkerspeler op 60 oorlede is, ek dink by myself: maar die man was bloedjonk!

Ma, my gewaardeerde vriendin en kollega, Henriëtte van Wyk se digbundel ’n Bruin blaar tuimel word vanaand bekend gestel. Ja Ma, Ma is reg, dit gaan oor oud word – of dan liewer ouer word. In die bundel verbeeld Henriëtte uiters raak (en nie sonder humor nie) die naderende wegtuimel vanaf dit wat ons lewe noem. Enersyds word daar oop-kop vrede gemaak met die erosieproses. Andersyds verwonder die liriese spreker haar daaraan dat sy dít wat voorheen misterieus en onsienbaar was, juis nóú – vanweë die stadiger pas – kan uitken en geniet.

Die gedigte verbeeld oor die algemeen ’n erosieproses wat spreek van ’n uitloop, of terugsak of verskraling. Maar dan duik daar ’n gedig op getiteld “fermentasie” wat die bundel tot in sy fondamente skud met terme soos “volmaakte voltooiing“, “borrelende verandering”, “feestelike vrolikheid” en ’n “losspringende siklus”. En algaande word die leser voorberei op ’n amper onverklaarbare opwinding in ’n reeks gedigte in die volgende afdelings van die bundel wat op my die uitwerking het van dankie tog, ek is vry, vandag is die eerste dag van die res van my “lewe”. Na aan die einde van die bundel volg die afdeling “om te is”, iets waarna waarskynlik elke mens in die lewe hunker: om net te “is”, en dan die haikoe oor die tuimelende blaar.

Mamma, dink Ma dat dit dui op die uiteindelike verlossing, in die sin van dit is volbring?

Laat weet my tog, Ma.

Baai my weggetuimelde Ma.

Dr. Chrisna Beuke-Muir

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!