Ons taal
Rustige hande
In die dae voor googleloer moontlik was, was daar die knap advertensie wat met ’n vrolike deuntjie ’n mens aangemoedig het om jou vingers te laat loop tot by die geelbladsye van die telefoongids.
Wel, vanoggend loop my vingers weer deur die bladsye van die geel boek geskryf deur oom Gert Janse van Rensburg, “Met een voet in die Bybel”, waarin hy spreekwoorde ondersoek wat aan die Bybel ontleen is.
Verlede keer het ons gesels oor voet; daarom is dit sekerlik net reg dat my vingers vandag blaai tot by uitdrukkings wat handel oor hand en ek kry ’n allemintige 24 van hulle! Daar is die Romeinse goewerneurregter, Pontius Pilatus, wat sy hande in onskuld gewas het, omdat hy geen aandeel wou hê aan Jesus se onregmatige veroordeling nie. Ek lees ook van mense wie se hande slap hang van passiwiteit en moedeloosheid, soos Isboset s’n, toe hy hoor van die afsterwe van die generaal wat hom moes help om koning te word.
In skrille kontras hiermee is daar die raad: doen wat jou hand vind om te doen, wat ons aanmoedig om besig te bly en te doen wat ons kan, selfs al is dit nie moontlik om nou álles te doen nie. Prediker 9:10 gaan hiermee akkoord: doen die voor die handliggende dinge rondom jou. Werk is goed, arbeid is ’n deug, maar dis nie die alfa en omega nie. Soms moet ons rus en kragte opbou. Een hand vol rus, is beter as twee vuiste vol moeite. Liewe lesers, mag ons hande nie slap hang nie, maar mag ons steeds rus van Bo in ons hande hê.
Petronella F Genis
[email protected]
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie