Ons taal
Ons taal

Ons taal

Naskrif op vorige koebaai-brief
Sanet de Waal
Hallo Ma

Koeie, klimaatsverandering en winde. Oor hierdie drie woorde skryf ek vandag ’n naskrif op my vorige koebaai-brief aan dié kolom.

Het Ma geweet dat beeste bydra tot klimaatsverandering, dat cow flatulance – volgens die Washington Post van Nov 2019 – bestaan uit giftige metaangasse wat ’n kweekhuiseffek tot gevolg het? In dieselfde berig word daar sonder om te blik of te bloos of dit skuins te druk, ook gepraat oor cow farts.

Wind, met al sy nuanses het met klimaat te doen, en klimaatsverandering is ’n onderwerp waaroor die media verslag moet doen. Hoe gaan ons maak in Afrikaans? Ons mag nooit poep in Ma en Pa se huis gesê het nie. Mag die koerant vandag sê dat as die koei poep, word gevaarlike gasse vrygestel? Of moet dit wees as die koei ’n windjie laat, gebeur dit en dit en dat? Ek vermoed mens sou kon praat van die koeie se gepoepery. Dit val sagter op die oor, hoewel die effek op die neus onveranderd bly. Feit bly staan, dit is nie ernstige koeranttaal nie. Daarvoor dra die agtervoegsel – ry die skuld, vergelyk stelery, geselsery.

Hoe sou ’n koerant in Afrikaans hieroor berig? Die woord is totaal onskuldig, en om dit ten alle koste te vermy, maak nie sin nie. Hy is kort en kragtig, en boonop eerlik in sy klanknabootsing. Boonop is daar geen growwe g- of gr- of harde a-klanke wat die woord kras maak nie. Dit het ook geen assosiasie met die Opperwese wat na spot kan klink nie. Moet ons iets in die lyn van flatulensie gebruik wat skynheilig indrukwekkend voorkom mét ’n wetenskaplike geurtjie?

Nou is my vraag of vegetariërs en veganiste dan niks voel vir ons omgewing nie. Hoekom eet hulle nie die gevaarlike diere op nie? Almal moet hulle kant bring!

Ma, is daar koeie daar waar Ma woon? Ek wil glo die klimaat daar is gunstig.

Baai my Ma.

Dr. Chrisna Beuke-Muir

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!