Ons Taal: Hoender en rys
Ons Taal: Hoender en rys

Ons Taal: Hoender en rys

Petronella Genis
Wat weet jy van saffraan? Volgens die HAT is die woord afkomstig van die Arabiese zafaran. Al wat ek tot onlangs van saffraan kon sê, was dat ek en die kat ewe min daarvan geweet het. Maar nadat my vriend Khalil vir my hemelse saffraanrys gemaak het, sal ek my nooit weer aan die kant van die kat skaar nie.

Soms weet ’n mens niks van iets nie, en dan sou iemand kon sê jy weet daarvan soveel soos ’n kat van saffraan, maar die uitdrukking self is in ons geweste soms vreemd. In Anton Prinsloo se Annerlike Afrikaans noem hy ’n uitdrukking met dieselfde betekenis wat onmiddellik sin maak. Hy weet so min daarvan soos ’n hoender van tandeborsel!

Daar is sommer baie uitdrukkings wat te doen het met hoenders. Ons weet van saam met die hoenders gaan slaap en ook saam met die hoenders opstaan. Dan is daar ’n hoendernes – dis nou ’n netelige of moeilike saak om op te los.

Iemand is hoenderkop as hy dronk is. En as dit te gereeld gebeur, sit hy later met net ’n bos hoendervere in die bank en moet hy dalk sy spoggerige woning verlaat en intrek in ’n plek wat maar hoenderverdriet is – ‘n onaantreklike of nikswerd plek.

Hoenders trek darem nie altyd aan die kortste ent nie.

Daar is uitdrukkings wat daarop dui dat geluk iemand onverwags tref, of dat iemand skielik iets goeds regkry: ‘n Blinde hoender pik ook ’n ertjie raak. ’n Blinde hoender kry ook kos. Gepraat van kos, my mond water nou vir saffraanrys en gebraaide hoender.

Petronella F Genis

[email protected]

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!