Ons Taal: Moedertaaldag
Ons Taal: Moedertaaldag

Ons Taal: Moedertaaldag

Petronella Genis
Vandag is Moedertaaldag oraloor die wêreld. En die wêreld is reusagtig, met ’n magdom moedertale – ’n volle 7 099!

En, net soos met musiek, hou ons tog so van ’n trefferparade wat die top tien uitlig.

Een manier om ’n top tien te bereken, sou kon wees om na die aantal sprekers van die tale te kyk. Dan sou ons parade bestaan uit Chinees, Spaans, Engels, Hindi, Arabies, Portugees, Japannees en Punjabi.

Dalk wonder jy ook soos ek waar laasgenoemde gepraat word. Ek het gaan googleloer en dié taal se klanke weerklink hoofsaaklik in Punjab, ’n streek in Pakistan, maar kom ook geil in Indië voor.

Raai wat? Daar is ongeveer 130 miljoen mense wie se moedertaal Punjabi is.

Sjoe, dis baie. En ja, ’n mens sou seker sprekertal as maatstaf vir ’n top tien kon gebruik.

Maar, as jy mý vra, sou ek sê Afrikaans is ongetwyfeld nommer een. En dit hoort ook so, want dit is die taal wat my reeds saam met moedersmelk gevoed het.

Dis die taal waarin ek onder meer liefde, troos, humor en my Redder leer ken het, en wat ek ook aan my eie kinders oordra.

Juis daarom is dit vir my ’n geweldige voorreg om hierdie kosbare taal van my ma vir my studente te mag leer.

En ek hoop veral ook dat hulle in my klas in die praktyk sien dat ek nie ’n weersin in Engels hoef te hê om my moedertaal innig lief te hê nie, en dat hulle gevolglik ook met nuwe oë en ore hul onderskeie moedertale sal waardeer en vandag ook sal vier!

Petronella F Genis

[email protected]

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!