Ons Taal: Van knap en knokkels
Ons Taal: Van knap en knokkels

Ons Taal: Van knap en knokkels

Petronella Genis
“My kind, jy mag hoender met die hand eet – selfs al eet jy saam met die koningin van Engeland!”

Só het my oupa André my in die vorige eeu geleer. Ek onthou steeds sy woorde met elke liewe vingerleklekker stukkie. Ná ete word die byna silwerskoon boudjiebeen vir die vullisdrommetjie gevoer, maar eers knap ek die knokkels vir ons Otto-hond af.

Ja, daar ís ‘n werkwoord soos “knap”.

Dis wat gebeur wanneer ek die knokkel draai dat dit so ‘n knap-geluidjie maak.

Ek verbeel my daar is ‘n leser of tien wat wil teëstribbel omdat knap iets anders beteken en boonop ‘n byvoeglike naamwoord is. Ja, ja, julle is ook in die kol! Met die skielike koeligheid van die afgelope paar dae moet ek weer hard aan myself rem om nie in te gee vir die winterlekkertes wat dreig om my klere te knap te maak nie.

Ja, dis natuurlik nie al nie.

Knap dra ook die betekenis van net, soos in die son wat maar knap op was, toe baljaar die kindertjies al op die skoolgrond met die Namibiese wintertyd wat nou reeds vir die tweede jaar nie meer deel van ons Namibiese werklikheid is nie.

Die HAT sê ook iemand kan ‘n knap gesig hê, dit wil sê mooi en welgevormd. My ouma Hester het my geleer ‘n man kan nie mooi wees nie, net ‘n vrou. Volgens haar moes ek eerder sê ‘n man is aantreklik.

Nou wonder ek nogal of sy dalk tevrede sou wees as ek ‘n man as knap sou beskryf. Maar dan sou sy dalk soos baie van ons lesers dink ek praat nie van sy gesigvorm nie, maar van sy flinke verstand.

O ja, my kind kan ook knap korrel om die knokkels sekuur in Otto se bak te gooi.

Petronella F Genis

[email protected]

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!