Ons taal: Woorde uit die hart
Hallo Ma
Vier Ma-hulle feeste daar waar Ma bly? Behalwe nou Kersfeeste en Paasfeeste.
Vier Ma-hulle sulke goed soos woordfeeste, soos die Windhoek Woordfees?
Ek verstaan dat almal en alles daar gelyk is. Werk dit so met tale ook?
Hier by ons nie. Dis Engels voor en Engels agter. En hier in Namibië gaan dit maklik, en word English, the heavy tail gepraat dat sy eie ma-goed hom nie herken nie!
Ek het met die afgelope week se Windhoek Woordfees besef hoekom Afrikaans my hartstaal is. En dis oor Ma.
Antjie Krog het laas Saterdagaand haar eie gedigte voorgelees – op ‘n manier waarop jy nie haar boodskap kon misverstaan nie: gevoelvol, geprojekteerd en kragtig. Haar gedigte het getuig van ‘n vroulike liriese spreker wat ook die donker kant van vrou- en ma-wees ken.
In een so ‘n gedig wat gaan oor ‘n kind wat aan diepressie ly, het sy met ‘n helder stem uitgeroep “ek sal God uit die hemele ruk/ (om jou hand te kom vat)”.
Ek onthou: Ma het my na die skool kom haal, en as ek soms stil en nukkerig (of hartseer) was, vra Ma my wat fout is, en ek antwoord: “Ag niks nie, Ma”.
By die huis aangekom, sit ek my skooltas in my kamer neer en as ek die deur agter my wou toetrek, staan Ma in die pad, jou swart oë brand in my rug. Dan kom Ma in en maak die deur met ‘n beweging van die voet agter Ma toe. Dan móés ek praat.
Dit het my beslis nie altyd gepas nie. Maar Antjie sê toe ? ding: “Dis belangrik om ’n kind te leer om sy gevoelens in woorde te kan uitdruk. ’n Mens is nie in staat tot kommunikasie, tot regtige kontak met iemand as jy nie kan formuleer wat jy voel nie.”
Ma, net nog een vragie: Is Afrikaans die lingua franca daar waar Ma bly?
Baai Ma . . . en dankie vir tóé.
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie