'Ons wil 'n verskil maak'
'Ons wil 'n verskil maak'

'Ons wil 'n verskil maak'

Tanja Bause
Tanja Bause



Vyf graad 10-leerlinge van die Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) het 'n skoolprojek gebruik om Namibiërs in nood te help.

Volgens Richter van Rooyen is een van hul graad 10-uitdagings om 'n gemeen­skapsprojek van stapel te stuur.

“Ons wou hokkieklinieke by skole aanbied. Ek speel self al vir die afgelope ses jaar hokkie en ek verteenwoordig ook die Namibiese span. Ons wou hokkie by skole gaan afrig, hokkietoerusting skenk en sodoende ook die Namibiese hokkiespan bekend stel.

“Hokkie-ontwikkeling is 'n probleem in Namibië. Ongelukkig voor ons met die projek kon begin, het die grendeltydperk begin en ons moes 'n ander plan maak,” het Richter gesê.

Richter, Klara Lucks, Janco Mouton, Franco Lambert en Rian Kruger het besluit om kos in te samel vir mense wat wel werk het maar nie in die hoktyd mag werk nie, soos byvoorbeeld huishulpe.

“Ons sorg vir die kospakkies maar ons kan dit nie uitdeel nie. Eerstens weet ons nie wie dit nou die nodigste het nie en ons kan ook nie rondry en dit uitdeel nie.

“Ons werk saam met me. Ingrid Goeie­man van die Windhoek Life Change Center. Hulle deel die kospakkies uit. Hulle werk ook saam met kerke wat mense help.”

Die groep het reeds sowat 50 kospakkies opgemaak en vir verspreiding afgelewer.

“Ons wil 'n verskil in mense se lewens maak wat sukkel. Die hoktyd is intussen verleng en die behoefte duur voort. Dus het ons besluit om met die projek voort te gaan. Dit gaan nou nie meer oor die skoolprojek nie, maar dat ons met iets begin het en daarmee sal voortgaan so lank as wat die nood daar is.”

Hulle waardeer enige kosskenkings om in die pakkies te sit.

“Ons kry hoofsaaklik rys, mieliemeel, olie, suiker, soppakkies, melk, boeliebief en seep. Ons probeer om gebalanseerde kospakkies te pak. Baie mense gee ook kontant en dan gaan koop ons die kos. Elkeen van ons sit by ons eie huise en pak die kospakkies en lewer dit dan saam af.”

As mense betrokke wil raak of hul eie kospakkies wil opmaak, sal Richter dit kom oplaai. Mense kan ook kontant of kos skenk.

“Dit is baie moeilike tye en ons moet saam staan en mekaar help,” het hy gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!