Onsekerheid nadat IS in Raqqa verslaan word

Sirië
NAMPA
Die Midde-Ooste mag ‘n nuwe blaaitjie omgeslaan het met die oorwinning oor die Islamitiese Staat-groep (IS) in hul selfverklaarde hoofstad, Raqqa in Sirië, maar die toekoms lyk al hoe meer onvoorspelbaar en potensieel gewelddadig.

Die val van ‘n gemeenskaplike vyand het krake in tydelike alliansies laat ontstaan wat tot stand gebring is om teen die ekstremiste te vel. Mededinging oor invloed sal nou waarskynlik op die voorgrond wees.

Met die inname van die oostelike deel van Aleppo in laat 2016, het pres. Bashar Assad se regering sy mees bedreigendste gewapende opposisie geneutraliseer. Dit het die weermag toegelaat om sy volle aandag op IS toe te spits.

Die prioriteit was die olie-ryke oostelike deel van Sirië, na aan die grens met Irak. Met die steun van Rusland en Iran-gesteunde Sjiïtiese millisies, het die Siriese weermag betekenisvolle vordering gemaak. – Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!