Ontvoerde sakeman nu00e1 meer as 2 maande vrygelaat
Ontvoerde sakeman nu00e1 meer as 2 maande vrygelaat

Ontvoerde sakeman ná meer as 2 maande vrygelaat

Die sakeman Liyaqat Parker (65), van Plattekloof in Kaapstad, wat meer as twee maande gelede uit die parkeerterrein van sy maatskappy se kantoor in Parow ontvoer is, is vrygelaat.

Waleed Brown, ’n Kaapstadse prokureur wat as woordvoerder vir die Parker-familie optree, het bevestig Parker is veilig terug by sy familie.

Yusuf Abramjee, ’n bekende gemeenskapsaktivis, het Dinsdag op Twitter geskryf dat Parker aan sy familie terugbesorg is nadat hy Maandagaand vrygelaat is.

Parker is op 9 Julie kort ná 08:30 deur vyf gewapende mans in ’n silwerkleurige Hilux-bakkie ontvoer kort nadat hy in die parkeerterrein van die Foodprop Group- (FPG) eiendomsmaatskappy stilgehou het.

Daar is nog geen verdere inligting oor die moontlike betrokkenheid van ’n Mosambiekse man, Momade Assife Abdul Satar, by Parker se ontvoering nie.

Satar is verlede maand in Thailand in hegtenis geneem.

Hy word glo verbind met sowat 50 ontvoerings van ryk sakelui in Mosambiek en ander Afrikalande.

Satar is glo die baasbrein van ’n sindikaat wat welgestelde sakelui wêreldwyd ontvoer. Satar, ook bekend as Nini, is glo Mosambiek se berugste sluipmoordenaar.

Hy was sedert 2014 voortvlugtig.

Hy was uit op parool en het Mosambiek glo met die toestemming van ’n regter verlaat om mediese behandeling te kry, maar hy het nooit teruggekeer nie.

Hy het glo na Londen gevlug. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!