Onveranderde pryse help Game nie veel nie
Onveranderde pryse help Game nie veel nie

Onveranderde pryse help Game nie veel nie

Die verkope in Game se winkels was in die halfjaar tot einde Junie sowat 1,4% laer as in die ooreenstemmende tydperk.

Game is deel van die Massmart-winkelgroep wat ook Makro en Builders Warehouse besit.

Massmart sê in ’n handelsverklaring die omset van al die winkels in sy stal was in die halfjaar feitlik onveranderd op R42,5 miljard nadat verkope met net 0,5% gestyg het.

Die styging in omset is grootliks vanweë pryse wat gemiddeld 3% hoër was in die halfjaar en nuwe winkels wat geopen is.

Die omset in vergelykbare winkels (dus dié winkels wat ook in die ooreenstemmende halfjaar oop was) het met 1,6% gedaal.

Die verskillende afdelings van Massmart het in die halfjaar soos volg vertoon:

Massdiscounters (Game en Dion Wired): Verkope het met 1,4% gedaal. Nuwe winkels het gehelp, want in vergelykbare winkels het verkope met 3,5% gedaal. Laer pryse of geen prysverhogings het nie verkope aangehelp nie. Die afdeling het geen inflasie gehad nie, want die pryse van sy produkte was gemiddeld 0,3% laer as in die ooreenstemmende tydperk.

Masswarehouse (Makro en Fruitspot): Verkope het met 4% gestyg. Dit is grootliks vanweë produkinflasie en nuwe winkels. Pryse was gemiddeld 3,9% hoër as die ooreenstemmende tydperk. In vergelykbare winkels het verkope met net 1,5% gestyg. Dit kan daarop dui dat die omset danksy prysverhogings hoër was en dat minder artikels in die halfjaar verkoop is.

Massbuild (Builders Warehouse en ander Builders-winkels): Verkope het glad nie gegroei nie en effens gedaal in vergelykbare winkels. Dit is ten spyte daarvan dat sy pryse met 4,7% gestyg het, wat ook kan dui op hoeveel minder produkte verbruikers in die halfjaar gekoop het.

MassCash (Rhino, Cambridge, Jumbo, CBW, Liquorland en ander): Die verkope het met 1% gedaal en met 3,3% in vergelykbare winkels. Pryse het met 4% gestyg.

Die impak van die wisselkoers het sy omset uit ander lande in Afrika verlaag. Die verkope het in plaaslike geldeenhede gestyg, maar in rand het dit skerp met 11,9% gedaal.

Sy winkels in Suid-Afrika dra die grootste deel tot sy verkope by, wat beteken dié winkels se vertoning is baie na aan wat in geheel vir die groep gerapporteer is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!