Onwettige jag in Dorob
Drie mans is Saterdagmiddag in die Dorob Nasionale Park in verband met die onwettige jag van twee bergsebras en 'n koedoe in hegtenis geneem.
Die drie verdagtes - twee 24-jariges en 'n 33-jarige - is volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag omstreeks 12:55 in die Valencia-myngebied in die park vasgetrek.
Al die karkasse, twee jaggewere, ammunisiie en patroondoppies is op die toneel gekonfiskeer. Beslag is ook gelê op die voertuig wat tydens die misdaad gebruik is.
Die polisieondersoek duur voort.
Foto ter illustrasie Elvira Hattingh

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie