Ooievaar lewer 143 babas op Nuwejaar af
Tuyeimo Haidula - Namibië het op Nuwejaarsdag 143 geboortes in agt van die land se 14 streke aangemeld, sê die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste.
In die Khomasstreek is die meeste babas gebore, naamlik 36 – gevolg deur Oshikoto met 30 en die Ohangwenastreek met 24 nuwe pienkvoete wat hul opwagting gemaak het.
Mnr. John Hango, direkteur van gesondheid in die Ohangwenastreek, sê die Engela-hospitaal het nege geboortes behartig, terwyl 14 babas op Eenhana en 14 op Okongo gebore is.
Mnr. Alfons Amoomo, Omusati se gesondheidsdirekteur, sê sy streek het 19 geboortes opgeteken – 10 op Outapi, vier op Oshikuku, vier op Tshandi en een op Okahao.
Hy het geskerts dat die mense in sy streek sosiale afstand handhaaf, aangesien die streek gewoonlik sowat 50 geboortes met Nuwejaar hanteer. Amoomo het tydens Kersdag gesê hulle het 23 nuwe babas in die streek verwelkom.
Die Kavango-Oosstreek het 22 geboortes aangemeld, die Otjozondjupastreek sewe, die Kavango-Wesstreek ses, en die //Kharas- en Kunene-streke elk agt.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie