Oordrag van MIV, sifilis verminder
Namibië kan een van die eerste Afrikalande word wat erkenning kry vir die uitwissing van moeder-tot-kind-oordrag van beide MIV en aangebore sifilis.
Henriette Lamprecht
Namibië bly daartoe verbind om sy doelwit van geen nuwe MIV-infekterings te bereik danksy vooruitgang wat reeds gemaak is in die verhoging van toegang tot omvattende, hoë gehalte behandeling- en voorkomingsdienste.
Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, gaan Namibië een van die eerste lande in Afrika word wat erkenning kry vir die uitwissing van moeder-tot-kind-oordrag van beide MIV en aangebore sifilis.
Sy was aan die woord tydens die bekendstelling van die nasionale padkaart vir die uitwissing van ma-tot-kind-oordrag van MIV en aangebore sifilis.
“As 'n land het Namibië byna universele toetsdekking vir MIV en sifilis behaal en byna elkeen wat positief hiervoor toets, kry behandeling,” het sy gesê. Namibië het sy uitwissing van moeder-tot-kind-oordrag (PMTCT) van 88% in 2010 tot 99% verlede jaar oor die 14 streke verbeter. Tydens dieselfde tydperk het die oordragkoerse van MIV van 14% in 2010 verminder tot minder as 3,8% in 2019. Dit beteken die aantal babas met MIV-positiewe ma's en wat positief gebore is, het afgeneem.
Volgens Muinjangue is die twee grootste uitdagings tot uitwissing die hoë MIV-koers onder swanger en borsvoedende vroue en die verlaging in sorg wat daartoe lei dat vroue nie hul behandeling volhou nie.
Om uitwissing te bereik, prioritiseer die nasionale padkaart twee sleutelkwessies naamlik die voorkoming van nuwe MIV- en sifilisinfeksies onder swanger en borsvoedende vroue, asook volgehoue behandeling en sorg vir dié vroue, hul babas en mans.
Muinjangue maan gegewe die hoë oordragkoers van meer as 500 per 100 000 lewende geboortes, kan Namibië moontlik nie die uitwissingskriteria van 'n gevallekoers van minder as 50 gevalle per 100 000 lewende geboortes haal tydens die vyfjaartydperk van die padkaart nie.
“Die padkaart lig sleutelaspekte vir ingryping uit waarop Namibië sal fokus in 'n poging om vorentoe te beweeg om die koers van 250 gevalle per 100 000 lewende geboortes te bereik en wat deel van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se uitwissingsdoelwitte vorm,” het sy gesê.
Laboratoriumdienste en die beskikbaarheid en gehalte van oordragdata sal ook deur die ministerie verbeter word.
In 'n poging om die evalueringsprosesse vlot te laat verloop, het die ministerie 'n komitee gestig wat onder meer verantwoordelik is vir sertifisering deur 'n span van die WHO.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie