Ooreenkoms met Mexiko gee rand u2019n hupstoot
Ooreenkoms met Mexiko gee rand u2019n hupstoot

Ooreenkoms met Mexiko gee rand ’n hupstoot

Trump het met Mexiko ooreengekom dat hy nié invoertariewe op goedere uit dié land gaan instel nie, in ruil daarvoor dat Mexiko help keer dat meer onwettige immigrante na die VSA stroom.
Elvira Wood – Die moontlikheid dat pres. Donald Trump van die VSA ’n ooreenkoms met Mexiko kan teken, het die rand Maandag ’n welkome hupstoot gegee.

Reuters berig Trump het Vrydag in beginsel met Mexiko ooreengekom dat hy nié invoertariewe op goedere uit dié land gaan instel nie, in ruil daarvoor dat Mexiko help keer dat meer onwettige immigrante na die VSA stroom.

Trump het wel gedreig dat sou die ooreenkoms nie finaal goedgekeur word nie, die VSA teen Oktober tariewe van so hoog as 25% op Mexikaanse goedere gaan hef.

Reuters berig verder dat dié ooreenkoms beleggers weer na meer riskante beleggings laat kyk het.

Dit is goeie nuus vir geldeenhede van ontluikende ekonomieë.

Die rand het veral voordeel hieruit geput.

Waar hy vroeg Maandagoggend nog teen R14,98 verhandel het, verhandel hy 24 uur later bykans 20c sterker teen R14,79 teenoor die dollar.

Hy het ook beduidend teenoor die Britse pond en euro verstewig.

In die geval van die pond het hy weer tot onder die R19-vlak gedaal.

Die rand verhandel vroeg Dinsdagoggend teen R18,76 teenoor die pond en R16,74 teenoor die euro.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

· Goud: $1 328,40 per fynons

· Platinum: $803 per ons

· Olie: $62,40 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: $7 971,04/R124 802

· Ethereum: $245,50/R3 851 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!