Oostedamme leeg, Suide s'n voller
Namibië se nasionale damme hou altesaam sowat 58 Mm³ of amper 9% minder water as dieselfde tyd verlede jaar.
Elvira Hattingh - Terwyl damme in die ooste van die land bykans leeg is, het Suidedamme verlede week water bygekry en staan laasgenoemde op gemiddeld 48,5% vol, ietwat minder as verlede jaar dieselfde tyd toe dit gemiddeld 57,9% water bevat het.
Nasionaal is damme 38,3% vol, vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar toe daar gemiddeld 47,1% water in damme oor was.
Gobabis se damme hou gemiddeld 4,5% water, met die Otjiverodam wat slegs 6,4% water oor het, en die Tilda Viljoen- en die Daan Viljoendam wat 14,3% en 15,1% water oor het. Die Otjivero-slikdam is heeltemal leeg.
Kenners het vroeër vanjaar reeds gesê damme in die ooste van die land hou nie genoeg water om twee reënseisoene te oorbrug nie – 'n maatreël waarvolgens NamWater werk om 'n gebied se watersekerheid te bepaal.
NamWater moes voorts die bestaande boorgatskema in werking stel om byvoorbeeld vir Gobabis uit die knyp te help wanneer die beskikbare water in die damme opdroog. Die boorgate kan, as hulle in volle werking is, voluit en op 'n volhoubare wyse water vir die ooste van die land voorsien, maar dit is nodig dat mense in die dorpe water bespaar.
Die Ooste se boorgatskema betaan uit twee groepe boorgate: Die eerste is die noordoostelike boorgate, wat noordoos van Gobabis geleë is, en dan die wat in die Swart Nossobrivier geleë is. Al hierdie boorgate is reeds in die negentigerjare ontwikkel.
SUIDEDAMME LAND SE VOLSTE
Die Suidedamme is tans die volste in die land.
Boonop het beide die Hardap- en Oanobdam danksy verlede week se reënbuie water ingekry.
'n Tussentydse damverslag wat verlede Woensdag deur NamWater uitgereik is, het aangedui die Hardapdam het Dinsdagoggend water teen 'n tempo van 63,1 m³ per sekonde ontvang. Teen Woensdagoggend het nog meer water ingestroom en het dié dam 91,1 m³ water per sekonde bygekry. Teen agtuur Woensdagoggend het die Hardapdam altesaam 13,325 miljoen kubieke meter water bygekry en het die damvlak met 4,6% tot 40% gestyg.
Die Oanobdam het water teen 'n tempo van 2,1 m³ per sekonde Dinsdag ingekry en die damvlakke het toe reeds met 0,5% gestyg.
Die Hardapdam staan tans op 41,9% vergeleke met verlede week se 35,4%, wat beteken dit het altesaam 'n enorme 18,979 Mm³ water bygekry, water wat die Von Bachdam met 'n derde sou kon lig. Die Hardapdam hou tans 123,404 Mm³ water.
Die Oanobdam het ook altesaam met 4,1% sedert verlede week gelig, of 1,414 Mm³ water bygekry, en staan nou op 63,4%. Die Nautedam is ook nog 74,4% vol en die Dreihukdam 5,2%.
SENTRAAL-NAMIBIË
Die drie damme wat Windhoek asook Sentraal-Namibië van water voorsien, hou tans gemiddeld 25,3% water - heelwat minder as verlede jaar dieselfde tyd toe daar sowat 40,5% water oor was.
Die Von Bachdam is sowat 44,8% vol en het 21,290 Mm³ water, gevolg deur die Swakoppoortdam wat 17,806 Mm³ water het, of 28% vol is, en die Omatakodam wat heeltemal leeg is. Volgens die jongste damverslag van NamWater is wateroorplasings van die Swakoppoortdam na die Von Bachdam op 22 Oktober gestaak.
Die Friedenau- en Goreangabdam hou onderskeidelik 33,2% en 96,2% (of 2,234 Mm³ en 3,485 Mm³) water, wat die gemiddelde vlak vir damme in sentraal Namibië op 27,2% te staan bring.
Die Olushandjadam hou tans 12,764 Mm³ of 30,2% water.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie