Op u2019n Jungiaanse reis na Samarkand
Op u2019n Jungiaanse reis na Samarkand

Op ’n Jungiaanse reis na Samarkand

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Betekenisvolle toevallighede.

Dit is hoe Carl Jung die gebeurtenisse beskryf het wat geen kousale en logiese verband met mekaar het nie, maar tog betekenisvol met ’n mens se lewe verweef is.

Só het ek die afgelope paar weke baie toevallig, en ook onmiskenbaar betekenisvol, in Samarkand in Oezbekistan beland.

Om die storie te vertel, moet ek die eerste tree op hierdie betekenisvolle reis van toevallighede ver terug in my kinderjare gaan haal.

My ouma Attie, ’n ywerige leser en reisiger, was waarskynlik die eerste Christelik, Afrikaanse boervrou wat die Rubaiyat van Omar Khayyám van Nashipur op haar boekrak gehad het. Wis die ouderlinge dit diep terug in die vyftigerjare, het hulle sweerlik aan hul nagmaalwyn verstik.

Dus was dié Middeleeuse Persiese wiskundige, sterrekundige, digter en wysgeer vir my net so bekend soos C.J. Langenhoven.

Ek het selfs al vir jare ’n kleitablet met dié bekende Khayyám-aanhaling by my voordeur: “The Moving Finger writes; and, having writ, Moves on:/nor all thy Piety nor Wit./Shall lure it back to cancel half a Line,/Nor all thy Tears wash out a Word of it.”

’n Maand gelede besoek ek ’n jarelange vriendin en geestesmaat in Johannesburg, en sy vertel van haar versugting om die stad Samarkand in Oezbekistan (voorheen Persië) te besoek.

Dit was ’n belangrike stad op die antieke Syroete waarlangs sowat ’n eeu voor Christus al handel gedryf is in sy en ander gesogte handelsware tussen die Midde-Ooste en die gebiede om die Middellandse See aan die een kant, en China en Oos-Asië aan die ander kant.

En, vertel my vriendin, sy sukkel tog so om die roman Samarkand, geskryf deur Amin Maalouf, in die hande te kry.

Van die stad Samarkand, of die boek, wis ek tot voor daardie gesprek so min soos ’n kat van saffraan.

Geprikkel deur haar fassinasie met dié sentraal-Asiese stad, begin ek oplees en besef die boek handel grootliks oor die lewe van Khayyám in Samarkand en sy beroemde Rubaiyat.

Vir haar was Khayyám, en sy geskrifte, weer ’n ewe groot openbaring.

Net daar besluit ons dié reis sal ons nie anders kan as om saam aan te pak nie.

Anderhalfweek ná ons gesprek kom ek in Antalya, Turkye, aan vir ’n media-opleidingsprogram waarheen 140 joernaliste uit 44 lande genooi is.

Die eerste dag beland ek in die eetsaal by die konferensiesentrum aan tafel met ’n pragtige jong vrou . . . gitswart hare en ’n melkwit vel. Iroda Dilshad.

Ek vra waar sy vandaan kom.

Van Samarkand in Oezbekistan, antwoord sy.

Die volgende dag gee sy vir my ’n Engels reisgids oor haar hartstad present.

Tien dae later wag ek by die Atatürk-lughawe in Istanboel op my 02:00-vlug huiswaarts. Dit val my by ek het nog 86 Turkse lira (TL) in my beursie oor wat ek moet omruil in óf dollars óf euro’s.

Toe ek opstaan om te begin soek na ’n bureau de change, gewaar ek ’n klein boekekiosk neffens die blink en groot Duty Free-winkel.

Ek stap nader en uitgestal op ’n rak by die kassier, is Maalouf se Samarkand. Teen die rugkant lees ek die prys - 43 TL. Ek haal twee van die rak af en sit dit saam met die oorblywende 86 TL in my beursie voor die kassier neer.

Toevallig . . . ? Dalk.

Betekenisvol . . . ? Beslis.

Of is dit deur die Bewegende Vinger opgeteken dat my lewensreis my na Samarkand sal neem?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!