Op toer met pa en seun
Tanja Bause
In 2007 het Reon van Wyk van Keetmanshoop toere vir kinders in Namibië en Suid-Afrika begin aanbied.
“Ek was 'n onderwyser by die Primêre Skool Krönlein en het vir die skool die toere gereël en vir die kinders rondgery. Mettertyd het ander skole my toe gevra of ek nie dieselfde vir hulle leerlinge wil doen nie, sodat hulle ook daarby kan baat. Dit was nie lank nie, toe kom die volwassenes en wil ook 'n toer hê. So nou ry en beplan ek toere,” het hy vir Suiderland gesê.
Vanjaar het hy die eerste toer vir pensioenarisse en 'n toer na Thailand aangebied het. “Dit was wonderlik en die navraag was van so 'n aard dat ek dit volgende jaar in September weer gaan aanbied.”
Reon's Toere bied vanjaar nog 'n toer vir jong volwassenes na Durban, 'n bootreis na die Portugese Eilande en 'n toer na die Victoria-watervalle in Zimbabwe aan. Hy beplan vir volgende jaar twee opvoedkundige toere na Suid-Afrika vir skoolkinders, 'n toer vir pensioenarisse, asook 'n jong volwassene-toer na Suid-Afrika en Namibië, en die toer na Thailand.
In 2016 het sy seun Lorenzo die jong volwassene-toer na Suid-Afrika gelei. “Dit was baie lekker en wonderlik om jong mense bloot te stel aan die lewe buite hul dorpe,” het hy gesê.
Lorenzo het in Augustus vanjaar ook met 'n pendeldiens Suide toe begin.
“Ek het besef die meeste bussies ry kus of Noorde toe. Nou het ons twee bussies wat elke Vrydag en Sondag tussen Windhoek en Keetmanshoop ry.”
Lorenzo wil ook meer betrokke raak by liefdadigheidsprojekte en projekte wat die jeug van Keetmanshoop bemagtig. Hy het in die winter 60 komberse vir minderbevoorregte mense ingesamel en uitgedeel.
“Dit is maar net die begin. Ek wil in die toekoms baie meer doen, veral vir die jeug,” het Lorenzo gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie