Opuwo-distrikshospitaal kry nog dokters
Opuwo-distrikshospitaal kry nog dokters

Opuwo-distrikshospitaal kry nog dokters

Henriette Lamprecht
Vier Namibiese dokters het hulle by die mediese personeel van die Opuwo-distrikshospitaal in die Kunenestreek aangesluit. Dit bring die totale aantal dokters wat nou hier diens doen op ses te staan. Volgens die goewerneur van die streek, mnr. Marius Sheya sal dit verligting bring vir die lang rye pasiënte en ook dienslewering verbeter.
Op sy beurt het die raadslid vir Opuwo se landelike kiesafdeling, mnr. Kazeongere Tjeundo gesê die aanstelling kom op die regte tyd omdat die lang rye en wagtyd wat pasiënte ervaar in die verlede tot lewensverlies gelei het. Hy het voorts beklemtoon die hospitaal kan nie die huidige bevolking pasiënte hanteer nie wat dikwels daartoe lei dat pasiënte op die vloer moet slaap. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!