Opwinding wag tussen laaste 32
Opwinding wag tussen laaste 32

Opwinding wag tussen laaste 32

Die nasionale uitklopreeks sal komende naweek 'n paar liplekker kragmetings lewer.
Windhoek en Tsumeb is die plekke waar die ronde van 32 van die 2018 Debmarine-beker komende Saterdag en Sondag aangebied word, wanneer 16 premierligaklubs en 16 eersteligaspanne mekaar uitskakel.

Vier wedstryde word Saterdag by die Sam Nujoma-stadion in Windhoek gespeel en Sondag volg nog twee. Op Tsumeb by die Oscar Norich-stadion lê die meeste aksie voor, met ses botsings op Saterdag en vyf die volgende dag.

Young African, die verdedigende kampioen wat verlede jaar teen die verwagting in die landwye uitkloptrofee gewen het, sal Sondag teen FNB Black Africa in Katutura te staan kom.

Hoewel Young African tans uithalersokker speel en met 40 ligapunte onder die eerste vyf spanne in die MTC Namibiese Premierliga (NPL) tel, sal hulle Sondag weer bo verwagting moet presteer om die Leeus (44 punte) te tem.

Nog 'n kragmeting wat groot belangstelling wek, is die een tussen Tura Magic en Mighty Gunners van Otjiwarongo wat net voor eersgenoemde wedstryd in Windhoek gespeel word. Tura het dié seisoen soos 'n stoomtrein begin, maar die laaste ruk momentum verloor om sy tweede posisie op die NPL se ligaleer aan Black Africa af te staan. Tura het intussen tot die derde plek met 43 punte teruggesak, maar die span kan steeds enige dag weer hul beste peil uithaal.

Die eerste aksie skop Saterdag om 09:00 in Tsumeb af en sal tot negeuur die aand voortduur. Sondag begin die eerste spanne opnuut om 09:00 en die laaste afskop vind om 17:00 plaas.

In Windhoek begin sake Saterdag om 15:00 en die laaste spelers is bestem om 19:00 op die veld te stap. Sondag skop die eerste wedstryd om 15:00 af, met die laaste klubs wat vyfuur die namiddag kragte meet.

Ná die naweek se uitdunronde sal net 16 spanne oorbly wat mekaar op 21 en 22 April sal pak vir die voorreg om op 28 en 29 April in die kwarteindstryd te verskyn. Die semifinale volg op 12 en 13 Mei, met die eindstryd op 26 Mei.

Die kampioenspan sal met 'n allemintige tjek van N$500 000 wegstap, terwyl die verloorders se N$250 000 ook nie te versmaai is nie.

Die verloorders in die semifinale kry 'n troosprys van N$150 000. N$95 000 is vir individuele pryse opsy gesit.



Die program vir die ronde van 32:

Saterdag 24 Maart, Sam Nujoma-stadion, Windhoek: 15:00 Real Fighters teen Eleven Arrows. 17:00 Omaheke Nampol tn African Stars. 19:00 Citizens tn Young Chiefs. Sondag 25 Maart: 15:00 Tura Magic tn Mighty Gunners. 17:00 Black Africa tn Young African.

Saterdag 24 Maart, Oscar Norich-stadion, Tsumeb: 09:00 Swakopmund tn Ohangwena Nampol. 11:00 Once Again tn Rhino. 13:00 Space Age tn Khomas Nampol. 15:00 Khuse tn Tigers. 17:00 Rundu Chiefs tn Civics. 19:00 Chief Santos tn Reho Madrid.

Sondag 25 Maart: 09:00 LHU Blue Waters tn Fresh United. 11:00 FNB Orlando Pirates tn Outjo Akademie. 13:00 Wenner van Bingo en Eastern Chiefs tn Unam. 15:00 Dynamos tn Onathinge. 17:00 Golden Bees tn Life Fighters.- www.NFA.org.na

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!