‘Oral waar ek kyk, is vlamme’
Jo-Maré Duddy – Massas lede van die weermag, nooddienste, boere en private hulporganisasies veg steeds onverpoos om veldbrande in die Regenstein-omgewing buite Windhoek onder bedwang te bring.
“So ver as wat die oog kan sien, is daar net vuur,” het mnr. Sean Naude van Namibian Marshall Rangers teen 21:30 aan Republikein gesê. Van die vlamme is minstens vyf meter hoog.
Die brand, wat deur die wind aangehits word, is op pad na die huise op Regenstein, sê Naude.
Sowat 100 mense op die toneel is tans besig om ‘n brandstrook te skep om die vuur te probeer stuit. Volgens hom het die inwoners van Regenstein nog nie hul wonings ontruim nie.
“Ek het nog nooit soveel mans en vroue gesien wat saamstaan nie. Daar’s is selfs dokters wat help,” sê Naude.
Op die B1-hoofpad buite Windhoek het Republikein op ‘n span weermaglede afgekom. Volgens ‘n kolonel is al die weermaglede in en om die hoofstad reeds vroeg vanoggend ontplooi om brande in die omgewing van Omeya, Klein-Aub, die Otjihase-myn, Farm Hoffnung en Heja Lodge ontplooi om die brande te bestry.
Volgens die offisier weet hy van twee huise wat afgebrand het, maar niemand is tot dusver beseer nie.
Mnr. Wessel Swanepoel en sy vrou Hannelie, eienaars van die Monteiro-kampeerterrein sowat tien kilometer buite Windhoek op die Rehoboth-pad, het aan Republikein gesê hoewel die veld heeltemal verwoes is, is daar geen skade aan hul infrastruktuur nie.
Die veldbrand het omstreeks 9:00 vanoggend ‘n buurplaas bereik en teen ongeveer halfelf het dit na Monteiro versprei.
“Die vlamme was hoër as die hoogste bome. Ek het nog nooit soiets gesien nie,” het Swanepoel gesê.
“Maar die Here was ons baie genadig en ons is baie dankbaar,” sê hy.
Na verneem word, word die brande toegeskryf aan ‘n brand wat reeds Maandag op ‘n plaas naby Daan Viljoen ontstaan het en nie geblus kon word nie.
Die weerspanspan het aan Republikein gesê hulle baie dankbaar vir Shoprite wat kos aan al die brandbestryders verskaf het en Rhino Park-hospitaal wat energiedrankies voorsien het.
Foto's: Sean Naude

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie