Oranjemund sê boeke klop weer
Die ouditeur-generaal se verslag vir die finansiële boekjaar tot 30 Junie 2019 vervat negatiewe bevindinge oor geldsake by dié kusdorp aan.
Augetto Graig
Die teenstrydighede wat die ouditeur-generaal, mnr. Junias Kandjeke, se ouditverslag onder die vergrootglas geplaas het vir die finansiële boekjaar tot 30 Junie 2019, is reeds uit die weggeruim.
Só sê die woordvoerder van Oranjemund se dorpsraad, me. Glennadette Scholtz, oor dié verslag wat onlangs in die parlement ter tafel gelê is.
“Ja, die dorpsraad kan ’n antwoord op al die teenstrydighede in die ouditeur-generaal se verslag verskaf,” het sy gesê.
Kandjeke se verslag dui ’n verskil van meer as N$11 miljoen tussen die vorige jaar se eindtotaal en die betrokke boekjaar se beginsyfers.
’n Verskil van meer as N$3 miljoen, tussen die regering se subsidie van N$11 miljoen en die dorpsraad se boekhouding van N$7,8 miljoen, is ook uitgewys.
In terme van kontantvloei was veranderinge in bedryfskapitaal onakkuraat met meer as N$55 miljoen, uitbetalings vir kapitaalkoste van meer as N$40 miljoen wat nie ingesluit is nie, en kontant vanaf die vorige boekjaar met N$7,5 miljoen verkeerd aangeteken is.
Scholtz sê hierdie foute was weens die gebruik van die vorige D3-boekhoustelsel en is met die implementering van die nuwe internasionale rekeningkundige standaarde vir die openbare sektor (IPSAS) reggestel.
“Die raad het die nuwe verslaggewingsraamwerk, IPSAS, geïmplementeer en ver gevorder met die voldoening daaraan.
Die raad het verder IPSAS 33 aangeneem, wat ’n drie jaar aanpassingstydperk bied om die raad kans te gee om geleidelik aan die korrekte rekeningkundige raamwerk te voldoen. Die raad het in 2020 met die toepassing van die stelsel begin, en sal teen 2022 volledig geïmplementeer wees, volgens IPSAS-vereistes,” sê sy.
Scholtz verwys ook na ’n amptelike vrystelling in Junie waarin die raad sy begroting van 2021-’22 aankondig.
Oranjemund het N$192 miljoen in totaal begroot, met ’n bedryfsbegroting van bykans N$92 miljoen en ’n kapitaalbegroting van N$99 miljoen. Die dorp maak voorsiening vir slegte skuld en verlofkostes van N$1,65 miljoen. Altesaam N$800 000 is toegewy aan die bestuur van stortingsterreine, N$3 miljoen vir waterdienste, N$2 miljoen vir onttrekking en verspreiding van water, en N$33 miljoen vir grootmaat-kragaankope.
“Die raad is ten volle bewus van die huidige ongunstige ekonomiese omstandighede en ná noukeurig oorweging word waterverwante tariewe nie vir die boekjaar 2021-’22 verhoog nie,’ haal die vrystelling mnr. Guamé Stephanus, voorsitter van die dorpsraad se bestuurskomitee, aan. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie