Organisasies help met asemnood
Gemeenskappe kan reeds aansoek doen om hulp van die Breathe Namibia-inisiatief te ontvang.
Altesaam 150 suurstofkonsentreerders ter waarde van sowat N$2,5 miljoen sal deur die Breathe Namibia-inisiatief aan plaaslike gemeenskappe geskenk word om die nood onder Covid-19-pasiente te verlig.
Die inisiatief, wat deur die maatskappye Agra LTD, Woermann, Brock & Co Inland en Woermann Brock Coastal, in samewerking met Elite Star Trading Africa (EST) van stapel gestuur is, sal nog vandeesweek die eerste 50 masjiene versprei. Gemeenskappe kan reeds aansoek doen om hulp van dié inisiatief te ontvang.
“Afgeleë gemeenskappe waar mense nie maklik toegang tot formele stelsels het nie, sal prioriteit geniet, terwyl meer ontwikkelde gebiede ook mettertyd by die inisiatief sal baat,” lei 'n nuusvrystelling wat deur Agra se handelsmerk- en kommunikasiebestuurder, mnr. Piet Stoman, vrygestel is.
“Elke Agra-tak asook elke Woermann Brock-handelaar landswyd, sal 'n 5 liter- of 10 liter-suurstofkonsentreerder ontvang. Dit sal dan aan 'n gemeenskapsinisiatief of 'n mediese fasiliteit in die gebied geskenk word vir die stryd teen Covid-19,” het Stoman gesê.
“Dit is belangrik om die term 'gemeenskap' te beklemtoon, wat verwys na enige een in die gebied wat suurstof benodig,” het hy verduidelik en gesê in dorpe waar daar verskeie Agra- en Woermann Brock-handelaars is, sal meer as een masjien beskikbaar gestel word.
Stoman sê die huidige krisis plaas 'n enorme las op Namibië se gesondheidsorgstelsel en dit is duidelik daar is 'n groot en onmiddellike behoefte aan hulp vir die bestryding van die pandemie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie