Orkaan Maria vernietig Puerto Rico se kragnetwerk
Die orkaan Maria het die afgelope paar dae tot die dood van minstens tien mense in die gebied van die Karibiese See gelei, Puerto Rico se kragnetwerk vernietig en was sterk op pad na Noord-Amerika, hoewel die storm in hierdie stadium nie die Amerikaanse vasteland gaan bereik nie.
Die orkaan was gisteroggend noord van die Dominikaanse Republiek, luidens die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum in Miami.
CNN berig dit kan maande neem voordat die inwoners van Puerto Rico weer kragtoevoer het. Die orkaan is afgegradeer soos dit oor Puerto Rico beweeg het, maar tog is ’n windspoed van tot 250 km/h aangeteken.
Geboue se dakke is afgeruk en laagliggende paaie is in riviere omskep.
Maria is vroeër as ’n kategorie 5-storm geklassifiseer toe dit die eiland Dominica Maandag getref het waar sewe mense dood is.
Beeldmateriaal wat uit die lug geneem is, toon dat 95% van dié eiland se dakke beskadig is.
Dit is een van die armste lande in die Karibiese eilandgroep met ’n bevolking van sowat 73 000 mense.
Die skade wat aan die eiland aangerig is, kan miljarde dollar beloop. – Netwerk/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie