Orkaan Matthew boesem vrees in
Orkaan Matthew boesem vrees in

Orkaan Matthew boesem vrees in

Haïti/Jamaika/Kuba
Estelle de Bruyn
Swaar reën van die buitenste wande van orkaan Matthew het Jamaika en Haïti Maandag deurdrenk, strate in vloede omskep en baie mense na noodskuilings laat vlug.

Twee mense is reeds in Haïti dood wat die totale sterftes vanweë die storm op vier te staan bring.

Matthew gaan gepaard met winde van tot 220 kilometer per uur. Die oog van die orkaan sou na verwagting gister net oos van Jamaika en naby of oor die suidwestelike punt van Haïti beweeg het voordat dit na die ooste van Kuba koers kies.

In Haïti het die owerhede van deur tot deur gegaan in die suidelike kusstede Les Cayes en Jeremie om seker te maak mense is bewus van die storm. Minstens 1 200 mense is na veiligheid in skuilings by kerke en skole geneem.

Matthew is een van die kragtigste Atlantiese orkane in die onlangse geskiedenis. - Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!