Orkaan Matthew saai steeds verwoesting
877 mense in Haïti dood
Orkaan Matthew se spoor van verwoesting raak net groter. Dit het reeds die lewens van 877 mense in Haïti geeïs en vier mense in die suidooste van Amerika is dood.
Dit is in hierdie stadium nie bekend hoe die vier dood is nie. Tienduisende mense in Haïti is dakloos gelaat en cholera steek ook nou sy kop uit op dié verrinneweerde eiland.
Klinieke op dié eiland is oorvol en mense in afgeleë gebiede is van die buitewêreld afgesny toe telefoon- en kragpale omgewaai is.
Intussen het byna drie miljoen mense Florida, Georgia en Noord- en Suid-Carolina hul huise begin ontruim, berig die Mirror.
Matthew word as die grootste orkaan in ’n eeu beskryf wat die ooskus van Amerika tot nog toe getref het.
Pres. Obama het ’n noodtoestand afgekondig en duisende noodwerkers is in die suidooste van Amerika ontplooi. Matthew gaan na verwagting 26 miljoen mense in dié deel van Amerika direk of indirek raak.
Vloedwater het sowat ’n uur gelede in die strate van Charleston begin opdam. Die Amerikaanse Rooikruis het 200 skuilings op strategiese plekke in Suidoos-Amerika opgerig waar meer as 27 000 mense reeds dakloos gelaat is.
Haïti
Orkaan Matthew het ’n pad van verwoesting deur Haïti gesaai, maar die armste land in die Westelike Halfrond is al gewoond daaraan om homself af te stof en oor te begin.
Haïtiane het reeds begin herbou, skoonmaak en help hul bure.
In die Sous-Roche-distrik van Les Cayes aan die suidkus het Dominique Osny ’n vriend gehelp om stukke metaal wat van ’n dak afgeruk is te versamel.
“Ek is al twee dae lank op my voete. Ons moet mekaar help,” het hy Vrydag aan AFP gesê.
“Almal hier is slagoffers. Huise is weggespoel, ons almal het dakke verloor. Ek het alles verloor, tot my geboortesertifikaat,” het hy gesê. ’n Geboortesertifikaat is baie moeilik vervangbaar in Haïti.
Sous-Roches Cayes was ’n stil woonbuurt op die strandfront. Nou verstik dit onder modder. Matthew het al die oeste in hierdie gemeenskap verwoes.
Dit voorspel niks goeds vir Haïti se reeds beperkte kosvoorraad nie. In die suide van die land, wat Les Cayes insluit, is meer as 300 mense dood, het sen. Herve Fourcand Donderdag laat gesê.
“Ek het lande vol mielies en rissies gehad, asook mangobome en ’n kwekery waar mense sade kon koop. Ek het alles verloor,” het Junior Jetro Cherubin gesê.
Cherubin is geraak deur die solidariteit wat sy bure toon, maar wil hê die hele land moet vir eens en vir altyd ’n les leer.
“Dit is tyd dat ons saamwerk om mense op te lei dat hulle stewige huise bou. Andersins sal elke natuurramp net so sleg soos die vorige een wees,” het hy gesê.
Cape Canaveral, die middelpunt van die VSA se ruimteprojekte, het hom voor die naweek ook vir die orkaan gestaal.
Matthew het Florida Vrydag getref met swaar reën en sterk winde. Dit het teen 160 km/h noordwes langs Florida se ooskus beweeg, het die nasionale orkaansentrum gesê.
Die stormkern is 40 km oos van Cape Canaveral. Orkaan Matthew het by tye teen 195 km/h beweeg, maar het later verswak, het die orkaansentrum gesê.
Matthew is teen Saterdagoggend op die Saffir-Simpson-orkaanskaal tot kategorie 3 verlaag.
–Nampa/AFP/Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie