Orkaan Ophelia op pad na Brittanje
Brittanje sal die stertkant van ’n kategorie 3-orkaan ervaar met hoë temperature en wind wat vir vandag voorspel word.
Die BBC berig as voorloper van die orkaan Ophelia, kon dele van Engeland gister temperature van so warm soos 25 °C ervaar, wat 10 °C warmer is as die gemiddelde jaarlikse temperatuur vir middel Oktober.
Vandag kan dele van Ierland wind van 128 km/h verwag.
Die orkaan sal tot ’n storm afgegradeer word teen die tyd dat dit Brittanje tref. Dit is presies 30 jaar ná die Groot Storms van 1987 waarin 18 mense gesterf het, volgens die BBC.
Dié orkaan is van die Asore-eilande in die Atlantiese Oseaan afkomstig en het die rekord gehaal vir die mees oostelike kategorie 3-orkaan wat nog ooit in die Atlantiese gebied voorgekom het.
Die westelike deel van Engeland, Noord Ierland en dele van Skotland sal die swaarste getref word.
Die Republiek van Ierland se nasionale weerdiens (MET-kantoor) het ’n “rooi” waarskuwing uitgereik vir distrikte in Munster en Connacht, wat voorspel dat kusgebiede vandag van 09:00 deur wind van 130 km/h getref sal word.
Dit sal tot Dinsdag duur.
Die sterkte van die orkaan sal afneem voordat dit Brittanje tref, maar Ophelia sal sterk wind aan die kusgebied veroorsaak.
Luidens CNN het die storm Saterdag meer intens geraak en daar word verwag dat dit sal verswak namate dit aanbeweeg en binne 24 uur in ’n tropiese sikloon verander.
“Die direkte impak van wind en swaar reën in dele van Ierland en die res van Brittanje is hoogs waarskynlik, tesame met gevaarlike seetoestande,” sê die nasionale orkaansentrum.
“Terwyl die middelpunt van die orkaan nie voor Maandag sal tref nie, sal wind en reën wel voor die tyd voorkom.”
Volgens CNN is daar ’n moontlikheid van ’n stormsterk- tropiese wind wat van die Azores-eilande afkomstig is, wat gepaardgaan met ’n kouefront wat die orkaan volg.
“Die vreemde ding van Ophelia is dat die orkaan se intensiteit in ’n gebied plaasvind wat gewoonlik baie koeler is,” sê Allison Chinchar, CNN se meteoroloog.
Luidens die Telegraph het Elsa Vieira, van die instituut vir meteorologie in Portugal, die Amerikaanse orkaansentrum in kennis gestel dat Ophelia ’n kategorie 3-orkaan is en dat dit nie die vlak van waarskuwings beïnvloed nie.
Die Amerikaanse nasionale orkaansentrum het Vrydag gewaarsku dat daar tussen 51 mm en 101 mm reën oor die suidoostelike dele van die Azores-eilande verwag kan word, wat ook tot oorstromings kan lei. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie