Oud-direkteur sterf aan Covid
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Die voormalige direkteur van gesondheid in die Oshikotostreek, die wyle Peter Kefas Angala, se familie moes inderhaas verlede Sondag 'n plan maak nadat sy toestand versleg en hy dringend suurstof nodig gehad het.
Hy het by sy familiehuis op Otjiwarongo geïsoleer nadat hy positief vir Covid-19 getoets het. Hy is verlede Sondag in die hospitaal opgeneem ná sy toestand versleg het.
Angala is verlede Maandag in 'n private hospitaal op Otjiwarongo dood kort voordat hy vir mediese behandeling na die Noorde gevlieg sou word.
Namibië ervaar steeds 'n tekort aan suurstof terwyl daar op die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gewag word om suurstofopwekkers op te stel.
Angala se familie moes hospitale oraloor die land bel om 'n plek te verseker vir 'n pasiënt wat suurstof benodig.
Mense het in die sosiale media gekla dat mense in hul huise sterf, omdat hulle aangesê word om eers 'n bed in 'n hospitaal te verseker voordat 'n ambulans 'n pasiënt kan kom haal.
Sommige familielede het besluit om hul eie suurstofmasjiene aan te skaf om hul geliefdes aan die lewe te hou.
Die hospitaal op Oshakati kan, as gevolg van die land se tekort aan suurstof, al weke lank nie teaterpasiënte wat algemene narkose benodig, behandel nie.
Dié hospitaal het nog nie voorraad vir die suurstoftenk ontvang nie en gebruik tans silinders. Die Oshikuku-hospitaal het Oshakati gehelp met elektiewe gevalle wat nie kan uitgestel kan word nie.
Die direkteur van gesondheid vir die Oshanastreek, me. Johanna Haimene, het gesê die hospitaal is deur die toenemende aantal Covid-19-gevalle oorweldig, maar hul is steeds besig om 'n oplossing te vind om suurstof te voorsien aan alle pasiënte wat dit benodig.
– [email protected]
FOTO
Wyle Peter Angala. Foto Pele Mwatunga

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie