Outjo blom
Opwindende ontwikkeling in die visier
Yochanaan Coetzee - Outjo is reeds jare lank bekend as ’n plek om brandstof te tap, bene te rek en iets te ete te koop wanneer jy op pad is na die Etosha Nasionale Park.
Maar met ’n energieke dorpsraad en toegewyde inwoners wat groot drome vir die dorp het, lê daar opwindende tye voor.
“Ons is druk besig met omvattende ontwikkelingsplanne om beleggers, besighede, nywerhede en selfs burgers van ander dele van die land te lok om saam met ons die paadjie na welvaart te stap,” sê die uitvoerende hoof van die Outjo-dorpsraad, mnr. Joseph /Urib.
Die uitvoerende hoof van gesondheid, beplanning, ingenieurswese en tegniese dienste vir die dorp, mnr. Jaco Labuschagne, het die omvang van die huidige ontwikkeling vir Noorderlig geskets.
“Ons is tans besig om openbare-private-vennootskappe vir drie nuwe woongebiede te finaliseer, sodat ons 244 erwe kan diens en aan die publiek beskikbaar stel.
“Daar is ’n groot aanvraag na grond vir ’n nywerheidsgebied en ons gaan binnekort 85 industriële erwe beskikbaarstel om maatskappye, fabrieke en vervaardigers na die dorp te lok omdat ons geskik is vir industriële bedrywighede, veral in terme van die koste en beskikbaarheid van water. Ons het van die goedkoopste waterpryse in die land,” voeg hy by.
KAPASITEIT ’N PRIORITEIT
Om ontwikkelingsdoelwitte te bereik, is dit noodsaaklik dat Outjo die kapasiteit het om aan die groeiende dorp se vereistes te voldoen. Dit behels die versterking van hul nooddienste en onder meer die dorp se rommelverwyderingsdiens.
“Met ons nuwe, groter brandweerstasie mik ons daarna om beter voorberei te wees sou daar ’n brand op die dorp uitbreek. Dit is nie net groter en beter toegerus nie, maar is ook meer sentraal geleë om in die toekoms na die dorp se behoeftes om te sien,” sê /Urib.
“Ons sien hoe al hoe meer plaaslike besigheidsmense betrokke raak en weer in nuwe ondernemings in ons dorp belê. Daar is talle geleenthede hier en met talle unieke bates wat in ons guns tel, glo ons dat Outjo vir nuwe inwoners en nuwe besighede ’n baie lonende omgewing kan bied waarin hulle hulself kan vestig en groei.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie