Outjo span saam om spog-dorp te ontwikkel
Beleggings van N$6 miljoen gemaak
Spanwerk was die wagwoord toe inwoners, ouers, kinders en die munisipaliteit die afgelope paar maande met ’n vlaag van entoesiasme kragte saamgenoer het om Outjo vir ’n besoek van meer as 7 000 mense gereed te kry.
Die jaarlikse privaatskolenaweek het vanjaar op Outjo plaasgevind en die sportbyeenkoms was ’n aansporing vir inwoners en die munisipaliteit om hul dorp te ontwikkel.
Meer as N$1 miljoen is bestee om die sportgronde op te gradeer en gereed te kry om die groot byeenkoms aan te bied.
Boonop is spreiligte van ongeveer N$1 miljoen, twee kiosks, 20 toilette, ’n rugbyveld, drie netbalbane en agt jukskeibane nuut op die perseel gebou. Die bestaande velde is ook opgeknap en vir die geleentheid mooi gemaak, en waarmee die dorp nou met reg kan spog.
Volgens die hoof beampte van die Outjo munisipaliteit, mnr. Joseph /Urib, is baie trots op die nuwe sportgronde.
“Dit was nie altyd maanskyn en rose nie, aangesien die sportgronde se ontwikkeling vele keer deur vanjaar se reën gekniehalter is, maar gelukkig het ons dit ’n week voor die sportbyeenkoms klaargekry,” het hy gesê.
Buiten vir die sportgronde was die munisipaliteit ook fluks aan die werk met ander ontwikkelinge op die dorp.
’n Nuwe, informele mark (die Watertoring-mark) word tans gebou wat voorsiening maak vir enigiemand wat daar met hul goedere wil handel dryf. Volgens /Urib het Nexus die tender vir die ontwikkeling gekry en word daar goeie vordering gemaak.
Volgens /Urib is N$4 miljoen bestee om die rioolnetwerk op die dorp uit te brei. “Vele inwoners wat nie toegang tot rioolgeriewe gehad het nie, veral in sekere gedeeltes van die informele nedersetting, beskik nou oor die gerief,” het hy gesê.
Ander ontwikkeling waaroor hy spog, is die verbetering, uitbreiding en opknapping van Outjo se Presidentstraat. “Ons het in die begin as gevolg van waterbronne wat ondergronds loop, probleme met die opgradering van die straat gehad. Maar nou vorder dit goed,” het hy gesê.
Volgens hom word ongeveer 500 nuwe erwe op die dorp uitgesit. Uit dié getal sal 250 woonerwe aan die noordelike gebiede van die dorp wees en sal 200 erwe deur die Namibiese Ontwikkelingskorporasie (NDC) vir laekostebehuising gebruik word.
“Die NDC sal 200 erwe gebruik om behuising aan die publiek met ’n laer inkomste beskikbaar te stel. Op die oomblik het ons nog nie plek vir die massabehuisingsprojek nie, hoewel ons 20 erwe daarvoor opsygesit het.”
Volgens hom sal die erwe teen einde September vir kopers beskikbaar wees.
/Urib sê die dorp se spoedige ontwikkeling is grotendeels aan die samewerking van die dorp se inwoners te danke.
“Ek wil veral vir die Privaatskool Moria vir hul ondersteuning en hulp dankie sê. Die ouers, onderwysers en kinders het almal saamgespan om ons pragtige sportgronde moontlik te maak.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie