Outjo wag spanne in vir bekertoernooi
Klubsokker
Outjo se sokkerklub Pubs FC het alles gereed vir die aanbieding van die tweede weergawe van sy jaarlikse sokkertoernooi bekend as die Greendoor Investment 13 Cup.
Die toernooi word aanstaande naweek by die Etoshaport-stadion op Outjo gehou. Dit is net oop vir spanne wat in die Namibiese Sokkervereniging se eerste en tweede ligas ingeskryf is. Geen spelers van premierliga- of ongeregistreerde klubs word toegelaat nie.
Die toernooi se hoofborg is Greendoor Investment Trading, wat deur die sokkerklub se president me. Lizelle Krenz besit word.
Krenz sê: “Ons mikpunt met die borgskap is om 'n positiewe verskil in die dorp te maak deur sport as medium te gebruik. Deur 'n sin vir maatskaplike verantwoordelikheid wil ons mense ontwikkel.”
Sy het bygevoeg dat Pubs FC vantevore gedugte mededingers op die plaaslike sokkertoneel was. Gevolglik het sy besluit om hande met die organiseerders te neem in hul strewe om weer gloriedae te laat herleef.
Pubs FC speel tans in die NSV se tweede liga.
Verlede jaar het 24 spanne van dwarsoor Namibië in die heel eerste toernooi op Outjo gespeel. Die wenners was African Lions van Otjiwarongo.
Bekende spanne soos Golden Bees en Touch & Go van Otavi asook die gasheerspan kon nie die semifinale haal nie.
Aanstaande naweek sal die toernooi se wenner met N$15 000 in kontant, 'n wisseltrofee en medaljes wegstap.
Die naaswenners (N$7 000 en 25 silwermedaljes) en die verloorders in die halfeindstryde (N$3 500 elk) sal ook beloon word – net soos die individuele uitblinkers soos die voorste doelskieter (N$500), beste doelwagter en beste afrigter.
Die registrasie per span kos N$1 500.
In totaal steek Greendoor Investment Thirteen N$40 000 in, wat 'n vergroting in vergelyking met laas jaar se N$37 000 is as blyk van hul ondersteuning vir Pubs FC.
Toegang vir die naweek beloop N$20, terwyl die organiseerders N$200 se beltyd en 'n geskenkpak met kos aan een gelukkige kaartjiehouer sal gee.
Die kontakpersone vir meer inligting is Bensley (081 691 8816), Sibona (081 234 3580) of Arnold (081 619 9552).
A Facebook-blad (Greendoor Investment 13 Cup) is ook geskep om belangstellendes op die hoogte van sake te hou.
SUMMERDOWN
In die Omahekestreek neem altesame 32 spanne môre en Sondag aan die vyfde jaarlikse Summerdown-toernooi deel.
'n Blink prysgeld van N$18 000 is die groot beloning vir die wenspan, terwyl die tweede plek N$9 000 werd is en die verloorders in die halfeindstryd met N$4 000 elk getroos word.
In totaal word prysgeld van N$35 000 uitbetaal, wat ook individuele belonings vir die toernooi se topspeler, voorste doelskieter en voorste doelwagter insluit.
Borge van die toernooi is Capacity Airconditioning, Bank Windhoek, Store All, Ebson Zarondo, die streekraadslid van die Omatako kiesafdeling en St. Joshua.
Wedstryde begin môre vanaf 07:00 en die deelnemende spanne se eerste kragmetings is soos volg:
Okarokape tn Deleray, One Blood tn Young Aces, Black Burn tn Tura Cosmos, Kordofa tn Ovikango Chiefs, Etoso tn Omadindi Boys, Audax tn Omangongua, Okorukurure tn Dordabis, Remember Boys tn Trek Op Eleven; Ongombo West tn Dynamic FC, Swallows tn Chicago, River United tn Otjomisaona, Celtic tn Naankuse, Ozombande tn Wildogs, Skoonheid tn Ejahero United, Moodraai tn Hungry Dogs, Pamona tn Young Destroyer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie