Pa verdrink in see voor hotel
Die polisie het die naam bekend gemaak van die man wat Sondag in die see by Myl 4 in Swakopmund verdrink het. Die 33-jarige mnr. Paul Lawrens het saam met sy negejarige seun Sondag omstreeks 16:00 in die see voor die Sea Side Hotel waar hy ook ‘n werknemer was, gaan swem. Volgens adj. komm. Erastus Ikuyu het omstanders gesien hoe Lawrens in die moeilikheid beland en gesukkel het om uit te swem. Die hulp van E-Med Rescue 24 is ingeroep wat vinnig op die toneel was en Lawrens en sy seun uit die see gered het.
Volgens Ikuyu is Lawrens egter op die toneel dood. Sy seun is na die Cottage Private Hospitaal geneem waar hy in ‘n stabiele toestand opgeneem is.
Volgens Ikuyu is Lawrens egter op die toneel dood. Sy seun is na die Cottage Private Hospitaal geneem waar hy in ‘n stabiele toestand opgeneem is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie