Paasfees: Kleurvolle eiers en báie sjokolade
Tanja Bause – Met Paasnaweek wat sopas verby is, het ek Sondag weer so gesit en my familie dopgehou en agtergekom ons het baie tradisies en rituele. Ek het gewonder of daar ander mense is wat ook van dié goed doen.
Ons begin eers eiers kook. Dan word die eiers in spesiale eierkleursel gesit sodat hulle kleurvolle hardgekookte eiers vir die ontbyttafel is. So lank as wat ek kan onthou, is dit altyd die kinders se werk om die eiers te kleur – soos dit nou ook my boetie se twee kinders se werk is.
Versigtig word elke eier met ’n lepel in die blik kleursel gedoop. Hoe langer hulle daarin bly, hoe donkerder die kleur. Dan word hulle versigtig weer uitgehaal en afgedroog.
Vanjaar het die kinders besluit om die eiers vas te hou, die onderste deel in blou te druk en dan is die eier omgedraai en die boonste deel rooi gekleur.
“Ons maak veelkleurige eiers dié jaar,” is daar met opgewondenheid aangekondig.
Tussen die gekleurde eiers is daar altyd ’n rou eier wat ook gekleur word. Niemand weet watter een die rou eier is nie.
Wanneer almal dan aan die ontbyttafel sit, gryp elkeen ’n eier – en dan slaan jy die eier teen die voorkop van die persoon aan jou linkerkant stukkend.
Die opgewondenheid is altyd baie groot, want almal wil eerder die rou eier teen iemand se kop stukkend slaan as wat hulle dit teen hul eie kop kry.
Dis ook iets wat my familie al jare lank doen en iets wat vir baie pret en plesier sorg – veral as jy nie die ontvanger van die rou eier is nie.
Elke jaar word talle eiers natuurlik ook weggesteek. Ek onthou as kind wanneer ons oor Paasnaweke gaan kamp het, het my ma of my pa beurte gemaak om in die bosse te verdwyn.
Hulle het ’n paar bruin sokkies oor hul hande getrek en agter ’n bossie gaan wegkruip. Dan het hulle die arms uitgesteek en die hande beweeg en dit laat lyk soos die Paashaas se ore, terwyl die ander ouer opgewonde geroep het: “Dáár is die haas! Ek sien sy ore! Julle moet nou eiers gaan soek.”
Dit was gewoonlik die teken, en al die kinders het begin rondhardloop en sjokolade gaan soek. Ons steek tot vandag toe nog Paaseiers weg wat almal, oud én jonk, gaan soek.
Ons het ook klitsgrasse as kinders bymekaargemaak en ’n nessie vir die eiers gemaak. Elke kind het probeer om ’n groter, meer fantastiese of beter nes te bou in die hoop dat ons meer eiers sal kry, maar my ouers het al die Paaseiers en sjokolade wat ons almal gesoek en gevind het regverdig tussen al die kinders verdeel.
Die bou van die neste was steeds pret en elke jaar ’n uitdaging.
Ek is bly my twee jong niggies word met dié tradisies groot en hoop hulle sal dit eendag met hul eie families laat voortbestaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie