Pad van dood eis vyf
Vyf mense het Vrydag op die pad tussen Otjiwarongo en Otavi in twee grubotsings omgekom wat minder as 24 uur uit mekaar plaasgevind het.
Tanja Bause en Ronelle Rademeyer - Die pad tussen Otjiwarongo en Otavi is Vrydag binne die bestek van sowat 18 uur en boonop enkele kilometer uit mekaar in 'n grusame doodsakker omskep tydens twee kop-aan-kop-botsings waarin vyf mense gesterf het en minstens vier mense beseer is.
Die eerste ongeluk op dié berugte deel van die B1 het om 01:15 sowat 60 kilometer buite Otjiwarongo plaasgevind. 'n Sedanvoertuig met vier insittendes het reg van voor teen ’n vragmotor wat beeste vervoer het, gebots.
Tien beeste het ook gevrek toe die vragmotor omgeslaan het. Die bestuurder van die sedan het na bewering teen ’n hoë spoed by ander motors verbygesteek toe die ongeluk gebeur het. Die bestuurder van die vragmotor, mnr. Dakkie von Molendorf, het na verneem word vergeefs probeer om die ongeluk te vermy.
Hy is met beserings in 'n hospitaal op Otjiwarongo opgeneem.
Volgens die polisie se woordvoerder in die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbea, het die sedan van Otjiwarongo af na Otavi gery toe die ongeluk gebeur het.
“Die beeste het oor die ongelukstoneel versprei gelê. Dit was 'n afgryslike toneel,” het sy gesê.
Kort ná sononder Vrydagaand het 'n tweede kop-teen-kop-botsing, dié keer tussen 'n bakkie en 'n sedanvoertuig, sowat 30 km buite Otjiwarongo op dieselfde pad plaasgevind. Een slagoffer is op slag dood en drie is beseer.
Die botsing is veroorsaak toe een voertuig teen 'n sperstreep by 'n ander voertuig verbygesteek het en reg van voor in ’n aankomende voertuig vasgejaag het, blyk uit inligting wat per WhatsApp van die ongelukstoneel af ontvang is.
Dit is nie bekend watter een van die twee voertuie dit was nie.
Teen druktyd gister het die polisie nog nie die name van die oorledenes bekend gemaak nie.
Windhoeker
Intussen stroom huldeblyke en boodskappe van medelye op Facebook in nadat 'n bekende Windhoekse sakeman, mnr. Morné Malan, Saterdag dood is nadat hy vroeër die dag ernstig beseer is in 'n motorfietsongeluk by die Southport-kruising naby Ferreira's Kwekery.
Hy het Woensdag 48 geword.
Malan was volgens sy Facebook-blad die eienaar van Touch Wood Joinery and Design.
Hy laat sy vrou, Cecilia, en twee kinders agter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie