Paddock ‘het dalk hulp gehad’
Die polisie ondersoek intussen die moontlikheid dat Paddock ook ander musiekfeeste wou teiken.
Stephen Paddock, die man agter die grootste massaskietvoorval in die Amerikaanse geskiedenis, het moontlik hulp gehad en moontlik beplan om ná die aanval te ontsnap, sê Joseph Lombardo, polisiehoof van Las Vegas.
“Dink julle werklik hy (Paddock) het dit als op sy eie vermag?” het Lombardo aan joernaliste gesê oor die groot arsenaal vuurwapens en plofstof wat Paddock vir die aanval bekom het.
“Ons moet die gevolgtrekking maak dat hy (Paddock) in ’n stadium hulp gehad het,” het Lombardo volgens The Guardian gesê.
Die BBC berig Lombardo het op ’n mediakonferensie erken hy het bewyse gesien dat Paddock beplan het om ná die aanval te ontsnap.
Toe hy gevra is om hieroor uit te wei, het Lombardo geantwoord: “Ek kan julle nie sê nie.”
Aaron Rouse van die FBI het aan die BBC gesê hulle het nie aanduidings gevind dat dit ’n terreuraanval was nie, maar het nog nie die moontlikheid dat dit wel terreur was, uitgeskakel nie.
Die polisie ondersoek intussen die moontlikheid dat Paddock ook ander musiekfeeste wou teiken.
Chicago
Volgens Lombardo het Paddock die vorige naweek ook ’n hotelkamer gehuur wat op ’n ander musiekkonsert uitkyk.
Die polisie in Chicago ondersoek onder meer bewerings dat die massamoordenaar in Augustus ’n kamer in ’n hotel met ’n uitsig op die Lollapalooza-musiekfees in Illinois gehuur het.
Die fees is onder andere deur Maila Obama, dogter van oudpres. Barack Obama, bygewoon.
Volgens Lombardo is meer as 100 ondersoekers besig om die “versteurde en gevaarlike” Paddock se lewe te fynkam.
Lombardo sê Paddock het 33 uit die 47 vuurwapens wat hy besit het oor die afgelope jaar aangeskaf.
Paddock, wat enkele ure voor die massaslagting besig was om te dobbel, het videokameras binne én buite sy hotelkamer in die Mandalay Bay-hotel opgestel om enigeen wat sy kamer nader te kon sien.
Vriendin
Marilou Danley, Paddock se vriendin wat tydens die skietery in die Filippyne was, sê hy het haar twee weke gelede verras met ’n vliegtuigkaartjie om vir haar familie daar te gaan kuier.
Sy sê in ’n verklaring wat deur haar regsverteenwoordiger gelees is Paddock het nooit enigiets gedoen of gesê wat haar kon laat vermoed wat sy planne was nie.
“Ek was lief vir hom en het op ’n rustige toekoms saam gehoop,” sê Danley.
Paddock het US$100 000 aan Danley gestuur terwyl sy in die Filippyne was. Hy het glo aan haar gesê dit is om ’n huis te koop.
“Ek was dankbaar, maar om eerlik te wees was ek bekommerd dit is dalk sy manier om ons verhouding te beëindig,” sê Danley.
“Die gedagte dat hy enigsins geweld teenoor enigiemand beplan, het nooit deur my gedagtes gegaan nie.”
Altesaam 59 mense, Paddock ingesluit, is dood toe hy verlede Sondag van die 32ste verdieping van die Mandalay Bay-hotel-en-casino op ’n skare van 22 000 konsertgangers op die Route 91 Harvest-musiekfees losgebrand het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie