Pakkiebom-verdagte blaas homself glo op

Die pakkiebom-verdagte wat die Amerikaanse stad Austin se inwoners al weke lank teister, is dood, berig SkyNews.

Tony Plohetski, ’n ondersoekende joernalis van KVUE-TV, het Woensdagoggend op Twitter gesê bronne het bevestig die verdagte is dood.

Plohetski het vroeg begin om ’n reeks twiets uit te stuur waarin hy sê hy wag nog vir die owerhede om die verdagte se dood te bevestig.

“Bom-verdagte is dood. Wag nog vir wetstoepassingsowerhede om te bevestig,” het sy eerste twiet gelui.

“Beamptes sê polisie het selfoontegnologie, kringtelevisie en winkelstrokies gebruik om hom op te spoor,” het sy tweede twiet gelui.

In sy derde twiet sê hy die verdagte het homself om die lewe gebring met ’n toestel wat ontplof het.

“Bronne sê die verdagte het homself opgeblaas met ’n bom,” het sy twiet gelui.

CNN berig die pakkiebomme, wat na verneem word via die koerierdiens FedEx afgelewer is, het twee lewens geëis en een mens ernstig beseer.

Twee bomme het verlede Maandag binne enkele ure van mekaar ontplof. Draylen Mason (17) is dood en ’n 75-jarige vrou ernstig beseer. ’n Vrou het ook in dié ontploffing geringe beserings opgedoen.

Die eerste ontploffing op 2 Maart in ’n ander deel van die stad het die dood van Anthony Stephan House (39) veroorsaak.

Die Daily Mail berig dat daar ’n skietery tussen die verdagte en die federale speurdiens (FBI) was toe hulle hom wou aankeer.

Die skietery het plaasgevind slegs enkele ure nadat die televisienetwerk CBS kringtelevisiebeeldmateriaal uitgesaai het van die verdagte wat pakkies by ’n poskantoor inhandig.

Die I-35-snelweg in die Round Rock-gebied van Austin was Woensdagoggend in albei rigtings gesluit en daar was ’n sterk polisieteenwoordigheid. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!