Panama Papers: Net span stywer om SA verdagtes
Llewellyn Prince
Die Reserwebank in Suid-Afrika evalueer tans die belasting-nakomingstatus van meer as 1 800 Suid-Afrikaanse individue en entiteite wat tot dusver by die internasionale netwerk van belastingontduiking betrek word wat in die sogenaamde Panama Papers onthul is.
Elijah Mazibuko, hoof van die Reserwebank se department van finansiële waarneming, het Woensdag die nuutste verwikkelinge oor die Suid-Afrikaanse owerhede se ondersoek na die Panama Papers bekend gemaak.
Die bank het saam met die tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) ’n gesamentlike sitting van die vaste komitee oor finansies en die portefeuljekomitees oor handel en nywerheid en minerale bronne in die parlement oor onder meer die Panama Papers en onwettige finansiële uitvloei toegespreek. Die SARS het in die sitting onthul dat “rofweg 1 700 individuele Suid-Afrikaanse name”, “56 Suid-Afrikaanse tussengangers” en 79 oorsese entiteite wat bande met 81 Suid-Afrikaners het, uit die tans beskikbare data geïdentifiseer kon word.
Pres. Jacob Zuma se broerskind, Khulubuse Zuma, en sy betrokkenheid by die olieveldskandaal in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) is van die hoëprofiel Suid-Afrikaners wat daarin genoem word.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie