Pandemie: Só staan sake met vierde golf
Dani Booysen – Teen Dinsdag het Namibië gemeet oor sewe dae gemiddeld 1 179 nuwe gevalle van Covid-19 per dag aangeteken.
Die jongste data is gister deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste vrygestel.
Soos die grafika hiernaas wys, is die land dus goed verby die halfpadmerk van verspreiding tydens die derde golf die afgelope winter.
Sonder die 1 172 herinfeksies wat sedert 7 Desember gerapporteer is, toets gemiddeld 1 082 nuwe persone daagliks positief vir die virus. Dit beteken nie dat sulke persone nog nie Covid-19 onder lede gehad het nie.
Hoewel gewone hospitaliserings die afgelope dae toeneem, verskil die huidige situasie steeds merkbaar van die krisis in Junie en Julie.
Die huidige gemiddeld is effens laer as die 1 252 gevalle per dag op 15 Junie. Toe was daar 400 persone in die hospitaal en 84 in hoësorg (ICU).
Hierdie twee syfers het die afgelope Dinsdag op onderskeidelik 291 en 22 gestaan. Dit is 27% en 74% laer as tydens die vorige golf, maar die twee syfers was tot onlangs 50% en meer, en vir ICU’s 80% tot 90% benede getalle tydens ooreenstemmende stadiums in die winter.
Sterftes het eers die laaste paar dae toegeneem, hoewel een hiervan na November terugdateer. Tydens die afgelope sewedaesiklus is 14 sterftes aangekondig.
Grafies is die huidige gemiddeld van 1,4 sterftes per dag (bereken op grond van sterfdatums en nie die datums van aankondigings nie) egter byna onsigbaar in vergelyking met die pandemie se derde golf.
Op 21 Julie het gesondheidsowerhede opgehou om die datum van elke sterfte te vermeld. Sedertdien hou Republikein ‘n geskatte gemiddeld by (sien grafiek 2 hiernaas).
INENTINGS
Teen Dinsdag het Namibië die 400 000-kerf verbygesteek wat eerste inentings teen Covid-19 betref.
Landwyd is 339 573 persone reeds volledig ingeënt. Die totaal verteenwoordig onderskeidelik 22,6% van die geteikende bevolking en 13,6% van alle inwoners.
Ons kaart wys vordering in die streke as afgeronde totaal van die volledige bevolking.
Verlede week was daar ‘n effense toename in inentings. ‘n Totaal van 15 767 dosisse is toegedien teenoor 13 407 die vorige week, wat ‘n langnaweek ingesluit het. Drie weke gelede is 14 591 dosisse toegedien.
Dusver het 3 645 persone volgens die ministerie ‘n derde dosis entstof ontvang en 1 499 tieners tussen die ouderdom van 12 en 17 ‘n eerste dosis.
Van die huidige voorrade verval aan die einde van Desember en Januarie.
ANDER DATA
Met wyer verspreiding het gevalle onder gesondheidswerkers opnuut dramaties toegeneem.
In vergelyking met enkele daaglikse voorvalle tot laat in November is 70 nuwe gevalle in die frontliniegroep gister aangekondig. Sedert 1 Desember het 505 gesondheidswerkers positief getoets.
Dinsdag was daar 726 persone in die staat se goedgekeurde kwarantyngeriewe teenoor 861 die afgelope Maandag. Die syfer het op 30 November op 160 gestaan. Dit sluit persone in selfkwarantyn uit.
Tydens die derde golf se kruin was daar meer as 4 000 persone in hierdie geriewe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie