Papegaai sy verskoning vir dronkbestuur
Krieket
Die Kiwi-krieketspeler Doug Bracewell is weens dronkbestuur tot 100 uur se gemeenskapsdiens gevonnis, nadat hy sy besluit om na ’n funksie huis toe te bestuur daarop blameer het dat honde sy papegaai doodgemaak het.
Bracewell (26) is in Maart deur die polisie afgetrek en het ’n bloedalkoholvlak van meer as drie keer die wettige perk gehad.
Sy prokureur het aan die distrikshof in Hastings gesê dat Bracewell by ’n funksie gedrink het toe sy vriendin hom gebel het dat die papegaai doodgemaak is deur twee honde waarna hulle gekyk het.
Landdros Bridge Mackintosh het ook gelas dat hy langer as ’n jaar nie mag bestuur nie en het gesê die krieketspeler het hom, sy familie en Nieu-Seeland Krieket in die steek gelaat.
Nieu-Seeland Krieket sê hulle sal Bracewell nie verder straf nie.
Bracewell wat 27 toetse, 14 eendagwedstryde en 17 T20-wedstryde vir Nieu-Seeland gespeel het, is in 2008 en 2010 vir dronkbestuur gevang en was by ’n reeks alkoholverwante voorvalle betrokke.
In 2012 is hy vir ’n wedstryd geskors nadat hy en ’n spanmaat, Jesse Ryder, in ’n bakleiery by ’n kroeg in Napier betrokke geraak het.
Bracewell is ook in 2014 beboet toe hy en Ryder voor ’n toets aan die drink geraak het.
Hy is egter nie die eerste krieketspeler wat al die skuld vir dronkbestuur op ’n troeteldier gepak het.
Graeme Swann, die voormalige Engelse wegbreekbouler, het al ’n dronkbestuurvoorval in 2010 verduidelik deur te sê hy moes hom na sy huis haas om sy kat te red wat onder die vloerplanke vasgesit het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie