Papieraanleg by Outjo beplan
Papieraanleg by Outjo beplan

Papieraanleg by Outjo beplan

Daar is geen aanduiding waar die bome vir die verwerkingsaanleg vandaan gaan kom nie.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die maatskappy Tree Africa Manufacturing beplan om ’n papierfabriek vir plaaslike gebruik en uitvoer by Outjo op te rig.

’n Inligtingsdokument oor die voorgestelde projek, voorsien deur FPM Consulting Services, wat aangestel is om ’n omgewingstudie te doen, meen die inisiatief sal ’n lang pad moet stap om die vervaardigingsbedryf in Namibië te ontwikkel, “want die meeste rolspelers in dié bedryf voer papier in”.

FPM Consulting en Tree Africa het op 25 April ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens inwoners hul kommer oor waterverbruik uitgespreek het, asook oor waarheen besoedelde afvalwater van die projek sal gaan.

Inwoners is ook bekommerd oor waar die water vandaan gaan kom, die aanwysing van die perseel en of die projek vir plaaslike mense werk gaan verskaf.

Hulle is ook bekommerd oor moontlike water-, grond-, geraas- en lugbesoedeling wat die vervaardigingsaanleg kan veroorsaak.

Inligting oor waterverbruik en die behandeling van afvalwater toon sowat 85% van die waterverbruik word slegs vir verwerking gebruik, wat tot groot volumes afvalwater lei.

Die voorgestelde vervaardigingsaanleg sal op ’n erf sowat 1,5 km buite Outjo geleë wees.

Die ontwikkeling van die projek behels die voorbereiding van die grond vir konstruksie en die bedryf van 'n houtskoolverwerkings en -verpakkingsfasiliteit.

Die dokument wat deur FPM Consulting verskaf is, dui nie aan waar die water of hout vandaan gaan kom nie, maar sê die voorgestelde infrastruktuur sal ’n minimale impak op water, plante en diere hê.

’n Pyplyn van 1,7 km lank sal gebou word, en FPM Consulting Services erken dit kan ’n moontlike impak op die omgewing hê.

Ander gevolge sluit in ’n verandering in grondgebruik en die verlies aan plantegroei en biodiversiteit, die vernietiging van habitatte, en water- en grondbesoedeling.

Dit beloof werkskepping vir plaaslike inwoners, plaaslike bedryfsontwikkeling en waardetoevoeging tot hulpbronne.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!