Paramedikus se verbrande lyk gevind

Misdaad
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Die verbrande lyk van ’n paramedikus van die kus is Woensdag omstreeks 16:50 in die gebou van die ou waterpompstasie langs die Swakoprivier oos van Kramersdorp in Swakopmund gevind.

Die polisie het hom as die 28-jarige Warrick Ian Fortuin, ’n paramedikus verbonde aan E-med Rescue geïdentifiseer.

Volgens adj. komm. Erastus Ikuyu is Fortuin se liggaam deur drie mans ontdek wat daar verbygeloop het. Die vermoede bestaan dat hy iewers tussen Dinsdag en Woensdag vermoor en dat sy lyk daar aan die brand gesteek is.

’n Wit selfoon, vermoedelik dié van Fortuin, en ’n pakkie sigarette wat nie uitgebrand was nie, is langs hom gevind.

Fortuin word glo deur ’n tweelingbroer en nog ’n broer oorleef.

Enige persoon met moontlike inligting oor die omstandighede waarin hy dood is, kan Ikuyu by 081 246 4757 of speurinsp. Tjihavero by 081 413 7105 skakel.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!