Pas bloot die wette streng toe
Pro-ontwikkeling skryf:
Die hoofartikel in Republikein van 15 November 2016, "Help ons dorpe op", verwys.
Rehoboth is in ''n gemors, maar byna elke dorp in ons land is in dieselfde bootjie. Ek mag oorreageer, maar dink nie ek is ver verkeerd nie. Ongeveer 80% van ons dorpsrade in die land is bankrot.
Ek sal gekruisig word, maar is nie bang vir my stelling nie. Voor onafhanklikheid het jy nie ''n bankrot munisipaliteit geken nie.
Die sakegemeenskap het saam met ''n goeie en eerlike stadsklerk die dorpsake hanteer en dit het gewerk. Sedert dorpsrade en munisipaliteite verpolitiseer is, het byna alle dorpe agteruitgegaan en in vervalle en vuil toestande geraak.
Die Affirmative Repositioning-beweging het ''n jaar gelede verklaar dat die staat se swakste prestastie die afgelope 26 jaar die feit is dat daar geen behuising voorsien is vir sekere inkomstegroepe nie. Die tweede swakste prestasie, myn insiens, was die onvermoë van stadsrade om dorpsake behoorlik te bestuur en ontwikkeling te verseker.
Die staat moet pa staan vir al hierdie wanadministrasie, korrupsie, onbevoegheid en swak beheer deur dorpraadslede. Ons hoef nie eens te verwys na die onvermoë en onbevoegheid van die uitvoerende hoofde (CEO’s) in ons dorpe nie. Meer van hulle is al geskors as wat daar vandag van hulle in kantore sit en hulle werk doen.
Ongeag dat daar ''n Wet op Plaaslike Owerhede is wat die riglyne vir goeie administrasie uitstippel, word dit nie streng toegepas nie, aangesien persone wat politieke aanstellings is nie polities terreg gewys mag word nie.
Ek wil na Usakos verwys en dink Rehoboth het sy eiesoortige probleme. ''n Paar jaar gelede was die burgemeester op Usakos ''n huisvrou met slegs ''n standerd ses-kwalifikasie. Sy had geen benul van enige dorpsake of enige bestuur nie. Nadat haar termyn van vier jaar verby was, wou sy nie haar kantoor ontruim nie, want die koek wat sy vir vier jaar geëet het, was te lekker.
Usakos is wat hy is. Vuil, vervalle en sommer ''n smerige gemors. Vir 26 jaar kon die dorpsrade geen ontwikkeling verseker nie, want hulle kon nie beplan en verseker hoe om die dorp skoon te kry nie. Dit is vandag nog ''n totale "dumping site".
Die meeste raadslede is te besig met hulle eie bedrywe soos boerdery, konstruksie of drinkplekke. Hulle het geen belang, verantwoordelikheid of enige saak en nasietrots om Usakos ''n aanvaarbare en leefbare dorp vir alle inwoners te maak nie.
Usakos is reg langs die Trans Kalahari-hoofweg geleë en beklee ''n strategiese plek langs hierdie belangrike handelsroete. Maar ons dorpsvaders was vas aan die slaap die afgelope 26 jaar.
Die sakekamers het verskeie vergaderings en forums met die dorpsraad gereël en gepleit vir ''n skoner dorp. Dit kon nie werk nie, want daar is gevoel daar word te veel op die dorpsraad se tone getrap.
Usakos is een van die min dorpe wat oor beskikbare grond en oor water beskik en goeie lewensvatbare ontwikkelings kon hier plaasvind as potensiële sakegeleenthede eerlik hanteer was. Ons weet wat met Valencia gebeur het, ook met die plastiekpypfabriek en baie ander sake.
Niks het daarvan gekom nie en die grootste redes was: Usakos is ''n vuil dorp en daar sal nie sake gedoen kan word nie.
Nou onlangs het die dorpsraad te same met die polisie en sakegemeenskap vergader oor twee belangrike aspekte, naamlik onwettige drinkplekke en die ontwikkeling vir die dorp. Daar is genoem dat Usakos 39 onwettige sjebeens/drinkplekke het en dat daar geen beheer is oor die netheid van die dorp nie. Dit is aan beide die burgemeester en die polisiebevelvoerder genoem: daar is ''n Drankwet en daar is ''n Wet op Plaaslike Owerhede in plek. Doen julle werk en pas die wet toe!
Rooier gesigte en ''n groter stilte sou jy nêrens kry nie. So, waar bring dit ons vandag?
Pas die landswette toe en doen jou werk, dan sal ons almal in hierdie land ''n baie meer gemaklike en gepaslike lewe kan lei. Die staat het te lank voete gesleep en wou nie erken dat dinge verkeerd gaan nie, maar dit het tyd geword dat droë hout uitgekap moet word.
Indien die staat ook môre die stand van korrupsie op plaaslike owerheidsvlak wil erken, dit opvolg en oortreders vervolg, dan sal ons weer gesonde bestuursrade en munisipaliteite ervaar. Anders is dit nag vir al ons dorpe in hierdie land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie